loading
Artikels
6 dae gelede
onderwyser-bela-gaan-werkende-skole-breek

Foto Krediet: OkayDeer

Onderwyser: Bela gaan werkende skole breek

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) gaan jou beroep soos jy dit ken, onherroeplik verander! Indien die wetsontwerp goedgekeur en geïmplementeer word, gaan jy nie meer beheer hê oor die taal waarin jy klasgee nie, en alle besluitnemings en aksies wat jou en jou pos raak, gaan gesentraliseer word en vanuit regeringskantore beheer word. Die fiasko met skoleplasings werp lig op wat te wagte kan wees sou die drakoniese Bela-wetgewing aanvaar word.

Die Departement van Basiese Onderwys is reeds berug vir hul gebrek aan ondersteuning en hulle doen reeds nie die werk wat aan hulle toegedeel is nie. Nog ’n groot bekommernis is dat staatsamptenare in hierdie regeringsposisies nie die werklike behoeftes van ʼn skool en die gemeenskap wat deur die skool bedien word, in ag sal neem wanneer besluite oor taal-, geloof- en toelatingsbeleide geneem word nie. Ons kan nie toelaat dat ons Afrikaanse funksionerende skole verbrokkel word tot wanbestuurde, disfunksionele, staatsbeheerde skole nie.

Gaan jy as onderwyser toelaat dat:

  • –           jou beroep bedreig word deur meer mag aan die minister te gee?
  • –           jou skool se taal-, geloof- en toelatingsbeleide bepaal of gereguleer word?
  • –           jou skool gesentraliseer word?
  • –           die beheerliggaam van sy magte om besluite te neem, gestroop word?

Solidariteit staan stewig in die geveg teen dié kaping van skole. Solidariteit het reeds vir die belang van onderwysers en die onderwysstelsel as geheel ingetree met ons voorlegging aan die Nasionale Raad van Provinsies (NRP). Ons het ook ons stem dik gemaak by die Gautengse Departement van Onderwys (GDO) se openbare verhoor, en ons gebruik elke geleentheid om Bela in sy spore te stop.  

Die bedreiging wat dit vir onderwysers en Afrikaanse skole inhou, is skrikwekkend! Die tyd het nóú aangebreek om jou stem dik te maak hieroor! Bombardeer president Ramaphosa se inboks hier met jóú beswaar.


Jou stem het binne 48 uur ʼn direkte aanval op Afrikaanse onderwys stopgesit!

Pres. Cyril Ramaphosa gaan nie die artikels oor die taal- en toelatingsbeleid in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) in werking stel nie.

Die stryd teen die gewraakte Bela is egter nog nie verby nie.

Ouers, onderwysers en lede van die Afrikaanse gemeenskap, dit is nóú tyd om teen dié vergryping op te staan!

Bombardeer president Ramaphosa se inboks hier met jóú beswaar.

Klik hier en sê jou sê!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel