loading
Blogs
1 jaar gelede
dringende-resolusie-van-solidariteit-se-uitvoerende-komitee-na-aanleiding-van-die-nrp-se-aanvaarding-van-bela-wetgewing

Foto Krediet: Okay Deer

Dringende resolusie van Solidariteit se Uitvoerende Komitee na aanleiding van die NRP se aanvaarding van Bela-wetgewing

Die Bela-wetgewing is ʼn oorlogsverklaring teen ons kinders.

Ons sien dit as ʼn daad van aggressie en sal dit só hanteer. Dit is ʼn finale verbreking van enige vertroue tussen die regering en die Afrikaanse gemeenskap. Dit is ook ʼn verbreking van die 1994-skikking. Ons oordeel dié wet aan dit wat dit in die toekoms tot gevolg kan hê, en nie aan die hand van huidige magsverhoudinge nie. Die hoof van ʼn provinsiale onderwysdepartement kan steeds opdrag aan ʼn skool gee om onderrig in meer as een taal te gee. Faktore wat in ag geneem word, is gelykheid en billikheid ingevolge artikel 9(2) van die Grondwet. Dit is dieselfde artikel wat rasseverteenwoordiging in werkplekke regverdig. Afrikaanse skole se toekoms kan bepaal word deur ʼn amptenaar se rasserekenaar. Tweedens moet die groeiende getal nie-Afrikaanse kinders in ag geneem word. Derdens kan die kapasiteit van die skool in ag geneem word. Vierdens moet die samestelling van die groter gemeenskap in ag geneem word.

As hierdie faktore op Afrikaanse skole toegepas word, sal geen Afrikaanse skool verby die hekkies kan kom nie. Al wat Afrikaanse skole gaan oor hê is die genade van die amptenaar. Selfs die uitkoms van appèl lê in die hande van ʼn amptenaar.

In die lig van bogenoemde aanvaar die Uitvoerende Komitee die volgende dringende resolusie:

Solidariteit verwerp die Bela-wetgewing.

Solidariteit sal aan die regering kommunikeer dat die aanvaarding van Bela tot ʼn vertrouensbreuk met die Afrikaanse gemeenskap sal lei.

Solidariteit sal ʼn omvattende veldtog, saam met onder andere AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) loods om die Bela-wetgewing polities te stuit. Meer besonderhede sal later volg.

Solidariteit sal deelneem aan litigasie tot op die vlak van die Konstitusionele Hof. Solidariteit se regspan het reeds opdrag om stukke voor te berei.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel