
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Drome is nie net vir dié met geld nie
Deur Kyla-Ann du Toit
Dit is ʼn hartseer werklikheid: talle jongmense se studiedrome eindig nog voor dit begin – net as gevolg van geld. Dit hoef egter nie so te wees nie. Finansiële uitdagings hoef nie jou kind se toekoms kelder nie. Met die regte ondersteuning en tydige beplanning, is dit moontlik om toegang tot studiehulp te kry – selfs al is daar nie ʼn sent in jou bankrekening nie.
Solidariteit wil jou graag hiermee help deur praktiese advies en bystand te bied waar moontlik.
Wanneer moet julle begin aansoek doen?
Die meeste beurse en studielenings se aansoektydperk is tussen April en September. Dus moet jy nou al begin beplan, veral as jou kind in graad 11 of 12 is. Moenie dit tot die einde van matriek uitstel nie, want dan is baie van die aansoekvensters reeds gesluit – teen daardie tyd is baie aansoekvensters reeds gesluit.
Solidariteit staan jou by met elke tree
Op Solidariteit kry jy toegang tot:
- • meer as 40 betroubare beurs- en leningopsies;
- • praktiese raad oor wanneer en hoe om aansoek te doen; en
- • ʼn lys van organisasies wat finansiële hulp aanbied – alles op een plek!
Of jou kind droom om ʼn ingenieur, ʼn onderwyser of ʼn entrepreneur te word – hulp is beskikbaar. En dit is alles gratis beskikbaar op Solidariteit!
Klik hier vir die lys van beurse en lenings.
Daar is opsies beskikbaar
Baie ouers en leerders voel moedeloos wanneer hulle die studiekostes sien. Danksy Solidariteit se Skoliere-aanbod kan jy en jou kind met ʼn gerusstellende hart vir enige studierigting aansoek doen. Daar is ʼn wye verskeidenheid geleenthede vir jou kind beskikbaar sodat hulle hul toekomsdrome kan bereik.Klik hier vir meer inligting oor hoe die proses vir studieondersteuning werk.
Het jy geweet dat Solidariteit-lede korting by al die opleidingsinstellings binne die Solidariteit Beweging kry? Klik hiervir meer inligting oor hierdie lidmaatskapvoordeel.
Moenie wag tot dit te laat is nie
Die sleutel tot jou kind se studiedrome is om vandag jou en jou kind se gratis profiele op Solidariteit te registreer. Moenie dat geld jou kind se studiedrome stuit nie. Klik hier en verseker jou kind van ʼn suksesvolle toekoms!