
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Een, twee, drie, jou nuwe aanstelling is hier
Deur Marné Pienaar
Jy kan deur slegs drie eenvoudige stappe te volg jou poste op Solidariteit adverteer en top- Afrikaanse talent sal aan jou deur kom klop.
Is jy op soek na nuwe talent om by jou onderneming aan te sluit? Is jy op soek na werknemers wat jou waardes deel? Solidariteit se aanlyn werkfasiliteringsplatform bied die antwoord op al jou vrae.
Wat is Solidariteit se werkfasiliteringsplatform?
Solidariteit het ʼn aanlyn werksgemeenskap geskep waar werkgewers en werknemers bymekaar kan kom, kan netwerk en kan groei. Hierdie aanlyn bymekaarkomplek skep vir Afrikaners die geleentheid om vanuit die gemeenskap en vir die gemeenskap werksgeleenthede te bied.
Hoe werk Solidariteit se werkfasiliteringsplatform?
Stap 1: Skep ʼn profiel
Klik hier om jou organisasie se profiel op Solidariteit te skep.
Stap 2: Registreer jou onderneming
Registreer jou onderneming op Solidariteit om poste te adverteer en sodat mense jou organisasie maklik kan opspoor.
Stap 3: Laai ʼn pos op
Laai poste wat by jou onderneming beskikbaar is hier op.
Dit was nog nooit makliker om hoëgehalte-kandidate vir jou poste te soek wat jou taal praat en jou waardes deel nie. By Solidariteit glo ons dat ons gemeenskap mekaar moet help. Danksy Solidariteit se werksoekportaal kan ons sorg dat elkeen wat wíl werk, kán werk – en dit vry van die inmenging van die staat.
Wat is die voordele om van Solidariteit se dienste gebruik te maak?
1. ʼn Gemeenskap wat wíl werk
In ʼn land waar rassewette jou sukses bepaal, is werknemers altyd op soek na poste waar hulle op meriete kan floreer. Solidariteit bied ʼn platform waar werkgewers en werknemers bymekaar kan uitkom om geleenthede uit die gemeenskap vír die gemeenskap te skep.
Werknemers wat jou waardes deel en jou taal praat
Volgens Wamly kan dit jou tot en met ʼn kwart van ʼn werknemer se jaarlikse salaris kos om van ʼn verkeerde aanstelling ontslae te raak en om daardie persoon te vervang. As jy met die intrapslag die regte aanstelling maak, sal dit jou organisasie geld spaar. Dít doen jy deur mense aan te stel wat jou waardes deel en wat na die belange van jou organisasie sal omsien.
Dit is gratis!
Ja, jy het reg gehoor! Dit is heeltemal gratis om van hierdie dienste gebruik te maak.
Klik hier en skep sommer vandag nog jou organisasie se profiel op Solidariteit en verseker jou onderneming se toekoms.