loading
Artikels
6 dae gelede
elkeen-wat-wil-werk-moet-kan-werk-want-jyhoorthier

Foto Krediet: OkayDeer

Elkeen wat wíl werk, móét kan werk, want #JyHoortHier

Dit voel deesdae of Suid-Afrikaners deur “wonder” oorrompel word. Ons wonder waarheen ons op pad is. Hoort ons nog hier? Hoe gemaak met ons taal wat bedreig word? Het ons nog ʼn toekoms in Suid-Afrika met die werkloosheidsyfer wat die hoogte inskiet? Het ons kinders ʼn toekoms in Suid-Afrika? Waar pas ons in?

As ʼn mens terugkyk op waar ons vandaan kom en wie voor ons geveg het om te wees waar ons nou is, dan is dit ʼn riem onder die hart van elke Suid-Afrikaner. Soos diegene destyds vir vryheid vir ons taal en kultuur geveg het, so veg en bou Solidariteit elke dag voort aan dieselfde droom.

Afrikaners is maar so gemaak en so gelaat staan. Dit is hier in ons geboorteland waar ons taal, ambisies, tradisies en geloof hulself vestig. Dis ons herkoms en ons toekoms.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê: “Dis hier waar jy kan braai, in Afrikaans kan lag. Dis hier waar jou mense is, vriende en familie. Dis Bosveld en see, Karoo en die Kruger. Dis koeksisters en melktert, biltong en blatjang. Dis kampvuur, 4 x 4 en ʼn tjoppie op hardekool. Dis rugby en nartjies, Bulle en Haak, Vrystaat! Dis om in Afrikaans te droom en te bid. Dis anders. Dis moeilik om te beskryf, maar dis ek. Dis tog duidelik: Jy hoort hier!”

As ʼn gemeenskap moet ons mekaar help om werk te kry en moet ons mekaar se vaardighede benut. Elkeen wat wíl werk, móét kan werk, vry van inmenging deur die staat. Solidariteit het ʼn enorme aanlyn werkgemeenskap ontwikkel waar werkgewers en werksoekers bymekaar kan kom. Dit is ʼn gemeenskap waar jong mense die hulpbronne, ondersteuning en leiding kan kry wat hulle benodig om hul loopbaandoelwitte te bereik. Dit is werkfasilitering vir ons gemeenskap en Solidariteit skep ʼn plek met integriteit vir ernstige mense wat régtig wil werk.

Dit is ʼn bymekaarkomplek vir regslui, onderwysers, mediese praktisyns, ambagslui, maatskaplike werkers, kantoorpraktisyns en talle ander! Dit is ʼn gemeenskap wat aan werknemers iets gee om in te glo, en dit is ook ʼn platform waar mense kan terugploeg en hul kennis met mekaar kan deel deur netwerkgeleenthede, werkskepping of mentorskapprogramme.

Dit is ʼn gemeenskap wat daarop toegespits is om ʼn werknemer se beroep te beskerm. #JyHoortHier, daarom veg jy teen rasmalheid en help jy ander; staan jy op teen ʼn regering wat alles sentraal wil beheer; en bou jy universiteite en skole saam met ons.

Solidariteit bou ook aan jou kind se toekoms. Die ontwikkeling van ʼn nuwe kampus vir Akademia, waarvan die totale koste meer as R3,1 miljard beloop, is die grootste ontwikkelingsprojek wat in die geskiedenis van die Afrikaanse taalgemeenskap aangepak is. Ons bou skaamteloos, want #JyHoortHier. Klik hier om meer te lees.

Jy kan gratis gebruik maak van Solidariteit  as ʼn deelnemer deur ʼn profiel te skep. Dit is jou eerste stap om deel te word van ʼn helpmekaargemeenskap waar jy vry, veilig en voorspoedig kan wees, want #JyHoortHier. Veg, beskerm en bou saam met Solidariteit!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel