
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
#ElkeenHelpEen in Solidariteit se beroepsnetwerke – Jou beroepsgemeenskap
Wat is ’n beroepsnetwerk?
ʼn Solidariteit Beroepsnetwerk is nie net ʼn gemeenskap wat jou in jou beroep ondersteun nie, maar wat hom ook daarop toespits om die beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jongmense te skep, as waghond toesig oor die beroep te hou, en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom. Die beroepsnetwerke gebruik ook kundiges in hul beroep om as mentors op te tree waardeur lede die geleentheid kry om hul kennis en vaardighede aan jongmense in dieselfde beroep oor te dra.
Solidariteit het reeds talle beroepsnetwerke gestig en beoog om gedurig nuwe beroepsnetwerke by te voeg sodat elke persoon wat in enige beroep werksaam is, saam met mense van dieselfde beroep kan netwerk en in hul beroep terug kan ploeg.
Netwerklede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul bepaalde beroep betrokke te raak. Gemeenskaplike waardes gee aan elke netwerklid iets om in te glo, asook ʼn platform om terug te ploeg en kennis deur netwerkgeleenthede, werkskepping of mentorskapprogramme te deel: #ElkeenHelpEen.
Solidariteit se strategie is daarop gemik om vir ons kinders ʼn toekoms te bou waar hulle hier aan die suidpunt van Afrika vry, veilig en voorspoedig kan leef deur die vestiging van Solidariteit se netwerke, wat soos ʼn Helpmekaar-beweging funksioneer, om selfstandig vir onsself te sorg.
Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Ons sê skaamteloos: #ElkeenHelpEen. Daar was voorheen dalk ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges asook groot ondernemings om vir jongmense ʼn hupstoot te gee, maar dit is nou die gemeenskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?
Is daar ʼn toekoms?
Ja, ʼn groot toekoms, want #ElkeenHelpEen. Dit is in ons gene, van toe tot nou.
Klik hier om by jou beroepsnetwerk aan te sluit en word deel van ʼn beroepsgemeenskap.