loading
avatar
Artikels
3 jaar gelede
elkeenhelpeen-in-solidariteit-se-beroepsnetwerke-jou-beroepsgemeenskap

Fotokrediet: Okay Deer

Solidariteit se beroepsnetwerke – Jou beroepsgemeenskap

Wat is ’n beroepsnetwerk?

ʼn Solidariteit Beroepsnetwerk is nie net ʼn gemeenskap wat jou in jou beroep ondersteun nie, maar wat hom ook daarop toespits om die beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jongmense te skep, as waghond toesig oor die beroep te hou, en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom. Die beroepsnetwerke gebruik ook kundiges in hul beroep om as mentors op te tree waardeur lede die geleentheid kry om hul kennis en vaardighede aan jongmense in dieselfde beroep oor te dra.

Solidariteit beskik oor 11 beroepsnetwerke:

  1. 1. Die Solidariteit Regsnetwerk
  2. 2. Die Solidariteit Onderwysernetwerk
  3. 3. Die Solidariteit Ambagnetwerk
  4. 4. Die Solidariteit Doktersnetwerk
  5. 5. Die Solidariteit Verpleegnetwerk
  6. 6. Die Solidariteit Aptekersnetwerk
  7. 7. Die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk
  8. 8. Die Solidariteit Finansiesnetwerk
  9. 9. Die Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk
  10. 10. Die Solidariteit IT-netwerk
  11. 11. Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk

Netwerklede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul bepaalde beroep betrokke te raak. Gemeenskaplike waardes gee aan elke netwerklid iets om in te glo, asook ʼn platform om terug te ploeg en kennis deur netwerkgeleenthede, werkskepping of mentorskapprogramme te deel.

Solidariteit se strategie is daarop gemik om vir ons kinders ʼn toekoms te bou waar hulle hier aan die suidpunt van Afrika vry, veilig en voorspoedig kan leef deur die vestiging van Solidariteit se netwerke, wat soos ʼn Helpmekaar-beweging funksioneer, om selfstandig vir onsself te sorg.

Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Daar was voorheen dalk ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges asook groot ondernemings om vir jongmense ʼn hupstoot te gee, maar dit is nou die gemeenskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?

Gesels saam in jou netwerkgroep!

Solidariteit Aanlyn is ’n bymekaarkomplek waar jy in jou beroepsnetwerk kan gesels, leer en idees uitruil! Hierdie funksie is eksklusief vir lede van Solidariteit. Laai die Solidariteit-app op Apple of Android af en gesels saam met ander kundiges in jou beroep. So bly jy op hoogte van die jongste nuus en verwikkelinge waarvan jy moet weet.

Dis maklik!

  1. 1. Skep jou gratis profiel hier
  2. 2. Koppel jou lidmaatskap hier

Sluit aan by jou beroepsnetwerkgroep en word deel van ʼn beroepsgemeenskap wat jou ondersteun! Klik hier om meer oor die voordele van ’n Solidariteit-lidmaatskap te lees.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel