

Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Finansiële tendense in 2025 waarvan jy moet weet
Deur Maryna Eksteen
As jy gedink het die ekonomiese uitdagings van die afgelope paar jaar was soos ’n warrelwind, maak jou gereed vir 2025! Die finansiële landskap ontwikkel vinnig, en of jy nou ’n finansiële adviseur, aktuaris of rekenmeester is, 2025 beloof om vol uitdagings én geleenthede te wees. Gelukkig is Solidariteit hier om seker te maak jy bly ’n treetjie voor.
Hier is die belangrikste finansiële tendense vir 2025 waarvan jy moet weet:
1. Kunsmatige intelligensie (KI) en jou beleggingsportefeulje
KI is nie meer net iets wat jy in flieks sien nie. Slim algoritmes speel ’n groter rol in beleggingsbestuur en finansiële beplanning as wat ons besef. Jy hoef egter nie bekommerd wees dat jou werk oorgeneem gaan word deur ’n rekenaar nie. Jou menslike insig en empatie bly onvervangbaar. Die geheime wapen? Kombineer tegnologie met jou persoonlike vaardighede om kliënte die beste van beide wêrelde te bied. Maak gebruik van Solidariteit se Finansiesnetwerk en kursusse om op hoogte te bly van nuwe KI-ontwikkelings.
2. Veranderende belastinglandskap
Met die staat se volgehoue druk op belastinginkomste kan jy jou gereed maak vir streng nuwe regulasies en daarom maak dit kreatiewe finansiële beplanning nóg belangriker. Dis soos om Tetris te speel met kliënte se geld – die stukkies moet presies reg pas!
3. Fokus op volhoubaarheid
Die wêreld se aandag verskuif na volhoubare finansies. Beleggings in groen energie, ESG (omgewing-, maatskaplike en bestuurstandaarde) en etiese fondse neem toe. Maar hoe weet jy watter neigings is volhoubaar en watter is net bemarkingsgefluit? Hier kom Solidariteit se netwerkstrategie ter sprake: Ons ondersteun jou met mentorskap en werksfasilitering sodat jy toegang kry tot die regte inligting en kenners in die bedryf. Jy kan meer hieroor lees deur hier te klik.
4. Persoonlike ontwikkeling en gemeenskap
In 2025 is professionele ontwikkeling nie net ’n opsie nie; dit is ’n noodsaaklikheid. Solidariteit se e-leerkursusse bied aan jou toegang tot opleiding wat jou help om jou roeping met selfvertroue uit te leef. Klik hier om meer te lees of koppel jou profiel hier om toegang tot jou gratis e-leerkursusse te kry.
Alhoewel die finansiële wêreld voortdurend besig is om te verander, kan jy seker wees van een ding: Solidariteit bly konstant – ons missie is om ’n toekoms te bou waarin jy en jou kliënte kan floreer. Deur ons #ElkeenHelpEen-inisiatief help ons jou om die toekoms sterker, slimmer en meer voorbereid aan te pak.