Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Rekenmeestersontbyt: Solidariteit Finansiesnetwerk Nooi Jou Uit
Die Solidariteit Finansiesnetwerk nooi alle rekenmeesters hartlik uit na ʼn Rekenmeestersontbyt wat op Vrydag 22 Mei 2026 by Solidariteit se hoofkantoor in Centurion aangebied word.
Hierdie spesiale oggend bied ʼn geleentheid vir rekenmeesters en professionele persone in die finansiële bedryf om saam te kuier, te netwerk en waardevolle gesprekke oor die toekoms van hul beroep te voer. Bywoners kan uitsien na ʼn insiggewende gesprek oor BBP-groei en die rol wat finansiële kundiges in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie kan speel.
Die gasspreker isNicolaas van Wyk, hoofuitvoerende beampte van CIBA. Hy sal fokus op BBP-groei en hoe rekenmeesters ʼn betekenisvolle bydrae tot ekonomiese ontwikkeling kan lewer.
Hierdie ontbyt bied nie net die geleentheid om jou professionele kennis uit te brei nie, maar ook om deel te wees van ʼn groeiende netwerk van finansiële beroepslui wat saamwerk om ʼn sterker en meer dinamiese finansiële sektor te bou.
Besonderhede van die geleentheid
Datum: Vrydag 22 Mei 2026
Tyd: 08:00–11:00
Plek: Solidariteit Hoofkantoor, Spekboom-lokaal, h.v. D.F. Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion
RSVP: Bevestig asseblief teen 13 Mei 2026 deur ʼn e-pos te stuur na rickus@solidariteit.co.za of ʼn WhatsApp-boodskap na 072 215 7687.
Die Solidariteit Finansiesnetwerk sien daarna uit om jou by hierdie geleentheid te verwelkom.
Bring gerus ʼn vriend of kollega saam, deel hierdie uitnodiging en kom geniet die oggend saam met ons!