
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
FlySafair-vlieëniers praat reguit: ‘Ons is uitgeput, word geïgnoreer en word nie waardeer nie’
Bykans twee derdes, ongeveer 200, van FlySafair se vlieëniers is Solidariteit-lede wat eersdaags gereed maak om te staak weens ernstige ontevredenheid met salarisonderhandelinge en werksomstandighede. In ʼn onlangse stemproses het bykans 84% van Solidariteit-lede die huidige voorstel van FlySafair verwerp – wat die diep teleurstelling en frustrasie van die vlieëniers duidelik weerspieël.
Die vlieëniers voel uitgeput, geïgnoreer en ongewaardeerd.
Volgens Helgard Cronjé, adjunkhoofsektretaris van Solidariteit, is daar ʼn toenemende gevoel van verwaarlosing en uitbranding onder lede, asook ʼn verbrokkelende verhouding tussen bemanning en bestuur.
“Die werksomstandighede het versleg, met vlugroosters wat tot ernstige uitputting vir ons lede lei. Vlieëniers waarsku dat die huidige situasie nie volhoubaar is nie,” sê Cronjé.
Solidariteit se eise is nie onredelik nie en vra vir billikheid, respek en deursigtigheid om vertroue in FlySafair se bestuur te herstel.
“Die vertrouensbreuk tussen bemanning en bestuur het ʼn kritieke punt bereik waar die toekoms van baie vlieëniers by FlySafair onseker is,” gaan Cronjé voort.
FlySafair se koue, kliniese benadering – een wat blykbaar ʼn obsessie met persentasies, koste en winste het – is juis wat tot hierdie vertrouensbreuk gelei het. Die vraag moet gevra word: Wat is FlySafair sonder sy vlieëniers?
Klik hier vir die meningspeiling van die FlySafair-lede.