
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Fokus op jou persoonlike en professionele ontwikkeling
Deur Maryna Eksteen
Verandering vind voortdurend plaas, en daarom verstaan Solidariteit dat dit belangrik om met verandering tred te hou en dit selfs vooruit te loop. Solidariteit is ʼn bymekaarkomplek waar onderwysers beskerm kan word, bemagtig kan word en kan bou vir die volgende generasie. Solidariteit lei onderwysers op deur voortgesette leer beskikbaar te stel om persoonlike en professionele ontwikkeling moontlik te maak.
“Daar is net een antwoord vir lewenslange verandering, en dit is lewenslange leer. Lewenslange leer is die sleutel tot die toekoms.” – Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Solidariteit bied tans meer as 60 kursusse aan waarvan daar beslis ʼn paar is wat spesifiek tot onderwysers spreek. Hier volg ʼn kort oorsig van wat onderwysers van kursusse vir voortgesette leer op Solidariteit kan verwag.
Lynette Beer | Temperamente in jou klas
As onderwyser moet jy ʼn klomp verskillende persoonlikhede in jou klaskamer akkommodeer. Dit kan uitdagend wees! Lynette Beer verduidelik die verskillende temperamente en hoe jy ʼn mengelmoes daarvan in jou klas suksesvol kan hanteer.
Bestuur sosiale media
Jou gebruik van sosiale media kan in die werkplek in jou guns tel en jou werk verbeter, maar dit kan ook teen jou gebruik word. In hierdie module word daar gekyk na etiket en riglyne vir die gebruik van sosiale media, en ook na hoe jy jou persoonlike handelsmerk kan bou. Leer vandag nog hoe om sosiale media tot jou voordeel te gebruik.
Omgekeerde klaskamer
Onderwysers wat tans in die professie staan, bevind hulself voor talle uitdagings. Tegnologie is sterker as ooit, maar die aanvaarding en gebruik van tegnologie is in baie skole egter steeds traag. Die kommer is dat tegnologie die onderwys ver verby gegroei het; as dit teen dié trant sou aanhou, sal die onderwys soos ons dit ken “verouderd” wees of agtergelaat word. Dít is nie goed vir taal-, kultuur- en waardeoordrag nie. Die huidige onderwysaanbod voorsien nie in die vraag na onderwys van gehalte nie, en dus is die tyd ryp om die onderwys nou aan te pas en te verbeter.
In hierdie kursus sal jy kennis maak met ʼn onderrigmetode wat jou die ruimte sal bied om binne die huidige skoolstelsel aan te hou uitblink, met die voordeel van tyd.
Microsoft Excel: Basies tot gevorderd
Microsoft Excel word in die meeste werkplekke gebruik, en jy kan baie meer effektief werk as jy verstaan hoe om dit te gebruik. Bemeester Excel in hierdie kursus en leer hoe om formules te gebruik, data te hanteer, tabelle te bestuur, en nog baie meer. Vaardigheid in Excel is noodsaaklik vir enige pos waar daar met data gewerk word. Bemeester dit vandag nog!
Microsoft Powerpoint
Is die bou van ʼn voorlegging en die aanbieding daarvan deel van jou werk? Om ʼn aanbieding te lewer, is stresvol genoeg. Met die voltooiing van hierdie kursus kan jy seker maak dat jou skyfies bydra tot die sukses van jou aanbieding. Leer vandag nog hoe om tabelle in te voeg, wat die doel is van “slide master”, en hoe om gebruik te maak van animasies.
Microsoft Word
Hierdie kursus is ideaal vir enige persoon wat vinnig hulle Microsoft Word-vaardighede wil verbeter, ongeag of jy Word gereeld gebruik en of jy heeltemal ʼn beginner is. Verhoog jou produktiwiteit met template, indekse, tabelle, en nog vele meer.
Emosionele intelligensie
Konflik kan soms uitdagend wees en is beslis nie iets wat almal noodwendig wil of kan hanteer nie. In hierdie kursus gaan Marjon Meyer jou leer hoe om konflikbestuur toe te pas.
Mentorskapopleiding
Hierdie opleiding sal jou as mentor bemagtig om uitnemend te wees. Mentors het ʼn passie om hul kennis en vaardighede met ʼn mentee te deel en om sodoende by te dra tot die ontwikkeling van die mentee sodat hy of sy sukses in hulle beroep kan behaal.
Hierdie kursusse is maar net ʼn druppel in die emmer van wat alles vir onderwysers beskikbaar is. Klik hier om meer te lees oor hoe jy vir voortgesette leer kan inskryf.
Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier. #RaakTuis op Solidariteit waar onderwysers gewaardeerd kan voel.