Fotokrediet: Okay Deer
Gekopieër
Gebruik jou sosialemediavaardighede en bevorder jou loopbaan met Solidariteit-aanlyn
Deur Kyla-Ann du Toit
Jou sosiale media is lankal nie meer net ʼn plek waar jy foto’s deel of met vriende gesels nie. Vandag is jou aanlyn teenwoordigheid deel van jou persoonlike handelsmerk, en dit kan ʼn groot invloed hê op hoe werkgewers, kliënte en kollegas jou sien.
Dit is nie ongewoon dat werkgewers ʼn kandidaat se sosialemediaprofiele besoek voordat hulle ʼn aanstelling maak nie. Jou digitale voetspoor kan dus deure oopmaak óf dit kan geleenthede beperk. Daarom is dit belangrik om jou aanlyn teenwoordigheid verantwoordelik, professioneel en doelgerig te bestuur.
Die goeie nuus is dat hierdie vaardighede aangeleer kán word, en sommer baie maklik. Solidariteit-aanlyn bied praktiese kursusse aan wat jou help om sosiale media met selfvertroue en professionaliteit te gebruik.
Hier is drie kursusse wat jou kan help om jou digitale vaardighede te ontwikkel:
- 1. Sosialemediageletterdheid
Hierdie kursus rus jou toe met ʼn deeglike begrip van sosialemediadinamika, die invloed daarvan op identiteit, emosionele welstand en verhoudings, sowel as die verantwoordelike gebruik daarvan.
Klik hier vir meer inligting oor hierdie kursus.
- 2. Bestuur sosiale media
Wil jy leer hoe om sosialemediaplatforms meer doeltreffend te bestuur? Hierdie kursus gee jou praktiese kennis oor die beplanning, bestuur en gebruik van sosiale media, sodat jy jou persoonlike handelsmerk kan bou en jou aanlyn teenwoordigheid optimaal kan benut.
Klik hier vir meer inligting oor hierdie kursus.
- 3. Topwenke vir sosialemediagebruik
Klein veranderinge kan ʼn groot verskil maak. Hierdie kursus bied eenvoudige, praktiese wenke wat jy dadelik kan toepas om jou sosialemediaprofiele meer professioneel te laat lyk en jou digitale handelsmerk te versterk.
Klik hier vir meer inligting oor hierdie kursus.
Die goeie nuus is ook dat Solidariteit-lede gratis toegang kry tot nagenoeg 150 aanlyn kursusse wat spesiaal ontwerp is om jou professionele ontwikkeling te ondersteun. As jy nog nie ʼn Solidariteit-lid is nie, kan jy steeds toegang tot hierdie kursusse kry deur daarvoor te betaal.
Bou jou professionele aanlyn voetspoor
Een van die grootste voordele van die kursusse op Solidariteit-aanlyn is dat jy enige tyd en enige plek kan leer. Met die Solidariteit-app kan jy eenvoudig jou foon uithaal en jou loopbaan ontwikkel wanneer dit jou pas.
Jou aanlyn teenwoordigheid vertel jóú storie. Maak dus seker dit is die regte een. Laai vandag nog die Solidariteit-app op Google Play Store of die App Store af en brei jou digitale vaardighede uit!