Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Gee jou kind selfvertroue in hoërskool – woon Solidariteit se gratis webinaar by
Deur Kyla-Ann du Toit
Die oorgang van laerskool na hoërskool bring nie net nuwe akademiese en sosiale uitdagings mee nie, maar ook emosionele aanpassings wat elke kind op hul eie manier beleef. As ouer speel jy ʼn sleutelrol in jou kind se sukses.
Op 17 Februarie 2026 gaan Hanlie Boshoff, ʼn gesertifiseerde kliniese traumakenner, met ouers gesels oor hoe jy jou kind in dié belangrike lewensfase kan ondersteun.
Wat kan jy van die webinaar verwag?
Hanlie bring ʼn skatkis van ervaring na die virtuele tafel. Sy het uitgebreide ervaring in jeugondersteuning en bied praktiese wenke oor tydbestuur, selfvertroue en die hantering van groepsdruk. Danksy Hanlie se kundigheid in terapeutiese ingrypings en gesinsondersteuning, bied die sessie die ideale gids om ʼn suksesvolle hoërskoolloopbaan vir jou kind te verseker!
Die webinaar gaan op drie kernaspekte fokus:
- • Tydbestuur
- • Vriendskappe en selfvertroue
- • Groepsdruk en nuwe uitdagings
Hierdie webinaar bied nie net wenke nie, maar ook die geleentheid om vrae te vra en direk van ʼn kundige te leer.
Waar en wanneer?
Datum: 17 Februarie 2026
Tyd: 19:00 – 20:00
Plek: Aanlyn op Microsoft Teams
Kostes: Dit is gratis!
Hoe registreer jy vir die sessie?
Al wat jy moet doen om die webinaarsessie te kan bywoon, is om jou gratis profiel op Solidariteit te registreer. Jy het slegs ʼn Solidariteit-profiel nodig om by die webinaar in te skakel. Klik hier om sommer nou jou profiel te skep. Sodra jy jou profiel suksesvol geregistreer het, klik op die banier op die tuisblad om jou plek vir die webinaar te bespreek.
Moenie hierdie waardevolle sessie misloop nie. Hierdie gratis webinaar is deel van Solidariteit se breër Skoliere-aanbod, wat daarop gemik is om ouers en kinders op elke stap van die pad te ondersteun.
Bespreek dus vandag nog jou plek en help jou kind om hoërskool met selfvertroue aan te pak!