loading
Artikels
1 week gelede
gee-ons-krag-vra-voortrekkermonument

Foto Krediet: Verskaf

Gee ons krag! – Voortrekkermonument

Die Voortrekkermonument (VTM) in Pretoria staar ʼn ernstige krisis in die gesig weens aanhoudende kragonderbrekings en kabeldiefstal. Sonder enige staatshulp moet die Monument miljoene opdok om basiese dienste en instandhouding te verseker.

Volgens Dawid Brand, bedryfshoof van beeld en groei by die VTM, is die impak van beurtkrag en elektrisiteitsprobleme verwoestend. Die VTM se Erfenissentrum, waar kosbare artefakte en historiese dokumente gestoor word, het ʼn gespesialiseerde klimaatbeheerstelsel wat nie met kragopwekkers ondersteun kan word nie. Elke dag sonder krag stel hierdie onskatbare erfenis in gevaar.

Benewens die skade aan toerusting en infrastruktuur, raak die kragkrisis ook toeriste en besoekers wat vir ʼn wêreldklas-ervaring na die VTM kom. Ondanks die uitdagings bly die VTM egter funksioneer danksy toerisme, donasies en die ondersteuning van die gemeenskap.

Om ʼn langtermynoplossing te vind, het die VTM die projek “Gee ons krag!” van stapel gestuur om R7 miljoen vir ʼn volhoubare sonkragstelsel in te samel. Lede van die publiek word aangemoedig om tot die projek by te dra en te help om hierdie historiese baken van hoop vir toekomstige geslagte te bewaar.

Hoe kan jy help?

  • Word ʼn Vriend van die Monument deur ʼn maandelikse bydrae te maak.
  • Besoek die VTM – elke kaartjie wat verkoop word, dra by tot sy instandhouding.
  • Deel die boodskap en help om bewusmaking te skep.

Klik hier om ʼn donasie te maak of by die projek betrokke te raak.

Vir bydraes of navrae, kontak Dawid Brand by 082 445 4513, of stuur ʼn e-pos na dawid@kultuurtuiste.org.za. Jou steun kan ʼn werklike verskil maak!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel