
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Geen werkservaring? Bou steeds ʼn kragtige CV!
Deur Kyla-Ann du Toit
Dit kan regtig angswekkend wees om vir werk aansoek te doen, veral wanneer jy nog geen formele werkservaring het nie. Moet egter nie dat dit jou terughou nie, want jou CV steeds en bo ander uitblink.
Solidariteit se Studente-aanbod verstaan dat jy dalk nog nie die geleentheid gehad het om formeel te begin werk nie – jy is immers nog ʼn student. Daarom help ons jou om dit wat jy wél het – jou potensiaal, betrokkenheid by aktiwiteite en jou leergierigheid – in ʼn CV te omskep wat tussen ander uitblink.
Hoe doen jy dit?
Al wat jy moet doen, is om ʼn gratis profiel op Solidariteit te skep om toegang tot die volgende te kry:
- • Skaduwerk- en internskapgeleenthede waar jy praktiese werkservaring kan opdoen sonder die verpligtinge van ʼn permanente werk. Solidariteit fasiliteer hierdie geleenthede spesiaal vir studente. Kyk onder “Werk” op die Studentelewegroep vir huidige geleenthede.
- • Mentorskapsgeleenthede met kundiges wat hul kennis en ervaring met jou deel. Kry insig oor jou studierigting en toekomstige beroep. Klik hier vir meer inligting.
- • Student tot Meester-netwerkgeleenthede waar jy uit ander se loopbaangeskiedenis kan leer, asook jou werklike netwerke kan bevorder wat jou in jou loopbaan sal help. Lees hier meer.
- • CV- en onderhoudsgidse wat jou sal help om ʼn wenner-CV op te stel. Hierdie gratis hulpmiddels sal leiding kan bied vir jou eerste werkonderhoud. Laai die CV- en onderhoudsgids af.
- • Talle ander praktiese hulpmiddels om jou CV ʼn hupstoot te gee.
Student, wees voorbereid!
Jy hoef nie tot ná jou studies te wag om aan jou CV te begin werk nie. Begin vandag en gee jouself die voorsprong wat jy nodig het wanneer jy die wêreld van werk betree.
Werkgewers stel nie net in jou kwalifikasies belang nie. Hulle wil ook weet wat anders jy met jou tyd gedoen het. Solidariteit help jou om te verseker dat jy vir hulle iets het om te bewys! Klik hier om vandag nog jou gratis profiel te skep en sluit by jóú Studentelewegroep aan (klik hier).