Fotokrediet: Solidariteit
Gekopieër
Gemoedsrus vir slegs R218 per maand
Ek verstaan. Ons mense werk hard, dikwels onder moeilike omstandighede.
Hulle dink nie eens daaraan dat iets kan verkeerd loop nie, want: “Ek doen my deel.”
Dan lees jy van mense by Unisa wat uitgebrand en depressief is, omdat die paar wat hard werk, nóg harder moet werk. Gelukkig werk ek nie vir Unisa nie.
Dan hoor jy dat Media24 mense afdank. Dis hulle bestuur se skuld. Gelukkig werk ek nie vir Media24 nie.
Dan lees jy van juffrou Elana Barkhuizen wat valslik van rassisme in die klaskamer beskuldig is. Gelukkig werk ek nie met kinders nie.
Dan lees jy van Renate Barnard en 15 arbitrasies wat Solidariteit teen die polisie oor rassediskriminasie gewen het. Gelukkig werk ek nie vir die polisie nie.
Dan lees jy dat Solidariteit vanjaar reeds R60 miljoen vir lede se beroepsbeserings en -siektes verhaal het. Jy is bly vir hulle, maar gelukkig het jy nie ʼn beroepsbesering nie.
Dan hoor jy van sowat 1 000 sake wat Solidariteit op enige gegewe tydstip namens lede hanteer. Gelukkig is daar geen dissiplinêre proses teen jou nie.
Jy is dankbaar vir wat Solidariteit vir hulle doen.
Toe is dit jy…
Dit is roekeloos en eensaam om sonder Solidariteit in die werkplek te wees.
Sluit liewer nou by Solidariteit aan.
Gemoedsrus is van onskatbare waarde, maar dit kos jou net R218 per maand as jy by Solidariteit aansluit.
Klik hier om vandag aan te sluit.
Welkom by die Solidariteit-familie.