Fotokrediet: Unsplash
Gekopieër
Getuigskrif: VHT Attorneys se ervaring met werkfasilitering op Solidariteit-aanlyn
Deur Leré Nel
Wanneer ʼn werkgewer ʼn vakature adverteer, is die doel om geskikte kandidate te bereik en uiteindelik iemand aan te stel wat by die pos én die onderneming pas. Vir VHT Attorneys het ʼn advertensie op Solidariteit-aanlyn tot so ʼn aanstelling gelei.
Die firma het onlangs ʼn pos vir ʼn Junior Regshulp-administrateur op Solidariteit-aanlyn geadverteer. Anuschka Jennings, operasionele bestuurder by VHT Attorneys, vertel dat hul ervaring van die werkfasiliteringsplatform deurgaans positief was.
Nadat die pos geplaas is, kon die firma die aansoeke oorweeg en besluit watter kandidate om vir onderhoude te nooi. Die hoeveelheid en gehalte van die CV’s wat hulle ontvang het, het ʼn goeie vertrekpunt vir dié besluit gegee.
“Dit was baie maklik om die pos te plaas, en ons het ʼn goeie aantal CV’s van hoëgehalte-kandidate ontvang,” vertel Jennings. “Ons het die CV’s nagegaan, persoonlikheidstoetse laat doen en onderhoude met die topkandidate gevoer. Ons het uiteindelik een van die kandidate aangestel wat ons danksy Solidariteit-aanlyn ontvang het.”
VHT Attorneys se ervaring wys hoe Solidariteit se werkfasiliteringsplatform ʼn werkgewer tydens die eerste deel van ʼn aanstellingsproses kan bystaan. Dit het die bekendmaking van die vakature behels asook die ontvangs van aansoeke vanaf moontlike kandidate. Daarna kon die firma sy eie keuringsproses volg.
Die uitkoms was ʼn nuwe kollega wat deur die advertensie op Solidariteit-aanlyn van die geleentheid te wete gekom het. Volgens Jennings was dit nie net die aanstelling wat positief was nie. Die gebruik van die werksportaal op Solidariteit-aanlyn en die diens wat die firma ontvang het, het ook ʼn goeie indruk gelaat.
“Dit is maklik om te gebruik, en die hele proses – van advertensie tot aanstelling – het vlot verloop,” sê sy. “Ons is baie tevrede met die diens wat ons van Solidariteit ontvang het, en sal beslis weer van hulle gebruik maak vir toekomstige poste. Die webtuiste se betroubaarheid bied groot gemoedsrus.”
VHT Attorneys se ervaring bied ʼn praktiese voorbeeld van hoe Solidariteit se werkfasiliteringsplatform werkgewers en kandidate bymekaar kan bring.
Indien jy ʼn werkgewer is wat op soek is na die regte kandidaat, is hierdie dalk jou teken om vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te registreer!