Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Help jou kind om 2025 met selfvertroue aan te pak
Skoliere verkeer onder baie druk om te presteer. Met soveel verantwoordelikhede en verwagtinge, kan hulle soms oorweldig voel. Hierdie artikel deel wenke oor hoe jy jou kind kan ondersteun om 2025 met selfvertroue aan te pak!
Deur Liza Joubert
Die oorgang na ʼn nuwe skooljaar bied nie net nuwe uitdagings nie, maar gee jou ook die kans om jou kind te help floreer. Jy as ouer speel ʼn belangrike rol om die fondasie vir sukses te lê. Kenners soos dr. Michele Borba, ʼn opvoedkundige sielkundige en skrywer van Thrivers: The Surprising Reasons Why Some Kids Struggle and Others Shine, beklemtoon dat kinders wat emosioneel en akademies goed ondersteun word, beter vaar in alle aspekte van hul lewe. Hier is praktiese wenke om 2025 ʼn suksesvolle jaar vir jou kind te maak.
1. Doelwitstelling: Begin die jaar met helder visie
Volgens Borba is realistiese doelwitte noodsaaklik om kinders gemotiveerd te hou. Gebruik ʼn strategie soos SMART-doelwitte (spesifiek, meetbaar, haalbaar, relevant en tydgebonde).
Solidariteit bied programme soos die Belangstellingsbepaler, wat jou kind kan help om langtermyn-loopbaandoelwitte te identifiseer en na te streef.
2. Vestig ʼn roetine wat leer bevorder
Dr. Carol Dweck, wêreldbekende sielkundige en skrywer van Mindset: The New Psychology of Success, stel voor dat roetines help om ʼn groeimentaliteit te kweek. Skep ʼn balans tussen skoolwerk, ontspanning en slaap. Kinders met konsekwente slaapgewoontes presteer beter op skool.
Gebruik visuele weeklikse roetines of ʼn aanlyn beplanningstoepassing soos Trello om skool- en huiswerktake te bestuur. ʼn Gewone dagboek sal ook die ding doen.
3. Moedig jou kind aan om onafhanklik te leer
Kinders wat selfstandigheid ontwikkel, leer belangrike probleemoplossingsvaardighede. Laat jou kind toe om hul eie studiemetodes te ontdek en te gebruik, maar wees beskikbaar as ʼn mentor.
Volgens dr. Angela Duckworth, skrywer van Grit: The Power of Passion and Perseverance, is selfgerigte leer een van die belangrikste boublokke van sukses.
4. Skep emosionele veerkragtigheid
Kinders wat emosioneel standvastig is, vaar beter in stresvolle situasies. Gesels gereeld met jou kind oor hul emosies en hoe om uitdagings te hanteer. Volgens dr. Borba is kinders wat aan gemeenskapsaktiwiteite deelneem, beter aangepas.
5. Gebruik Solidariteit se hulpbronne
Solidariteit bied ʼn verskeidenheid ondersteuningsdienste wat ouers kan gebruik om hul kinders te help. Deur jou kind bloot te stel aan Solidariteit se Skoliere-aanbod met al die hulpbronne wat dit bied, sal jou kind lag-lag in hulle skoolwerk sukses behaal.
Deur die regte hulpmiddels en emosionele ondersteuning te bied, kan ouers help om hul kinders in 2025 nie net te laat oorleef nie, maar te laat floreer.
Skep ’n profiel op Solidariteit en benut al die hulpbronne wat dit bied – dis GRATIS. Waarvoor wag jy? Klik hier.