loading
Artikels
5 dae gelede
help-jou-kind-om-eksamens-met-selfvertroue-aan-te-pak-gratis

Foto Krediet: OkayDeer

Help jou kind om eksamens met selfvertroue aan te pak – gratis!

Eksamenvoorbereiding hoef nie vir jou óf jou kind stresvol te wees nie. Solidariteit se Skoliere-aanbod, in samewerking met Die Wolkskool, bied gratis oefenvraestelle vir graad 7 tot 12 aan. Hierdie oefenvraestelle help leerders om hul kennis te toets en hul tyd te bestuur, en dit help ook om areas van onsekerheid uit te wys. Lees hier hoe jy jou kind prakties en doeltreffend kan help voorberei vir eksamen danksy Solidariteit.


Deur Kyla-Ann du Toit

Die eksamentyd kan vir enige ouer en kind ʼn stresvolle tyd wees. Hoe weet jy of jou kind regtig goed genoeg voorberei het? Het hulle genoeg geleer? Verstaan hulle die werk regtig of raai hulle maar net? Dít is waar Solidariteit se Skoliere-aanbod in samewerking met Die Wolkskool die lewe vir jou en jou kind sommer baie makliker maak.

Solidariteit se Skoliere-aanbod stel vir jou kind gratis oefenvraestelle vir graad 7 tot 12 beskikbaar. Ja, jy het reg gelees – gratis eksamenhulp is letterlik slegs ʼn paar klikke weg!

Wat is die voordeel van oefenvraestelle?

Oefenvraestelle is een van die doeltreffendste maniere waarop leerders hul kennis kan toets. Deur vorige of voorbeeldvraestelle te voltooi, kry jou kind nie net ʼn beter idee van hoe die vrae gestruktureer is nie, maar hulle leer ook hoe om hul tyd te bestuur – ʼn noodsaaklike vaardigheid vir enige eksamen.

Hierdie vraestelle is ideaal vir selfstudie, eksamenvoorbereiding of om areas te identifiseer waaraan jou kind nog moet werk. Boonop help dit om areas uit te wys waaroor hulle nog onseker is. Dit gee ook vir hulle die geleentheid om deeglik voor te berei eerder as om die eksamen blindelings aan te pak.

Eenvoudig en gratis

Danksy Solidariteit se Skoliere-aanbod is toegang tot hierdie oefenvraestelle baie eenvoudig. Al wat jy hoef te doen, is om vir jou kind ʼn gratis profiel op Solidariteit te skep en op Die Wolkskool te registreer. Sodra dit gedoen is, kan jy die vraestelle direk aflaai onder “My Boublokke” op Solidariteit.

Die memorandum van elke vraestel is op Wolkskool se webblad beskikbaar sodat julle die antwoorde kan nasien. Klik hier om ʼn profiel op Wolkskool te skep en toegang te verkry. 

Solidariteit se Skoliere-aanbod is die antwoord

Om vir eksamens voorbereid te wees gaan oor meer as net om die werk te ken – dit is ook belangrik om met selfvertroue eksamen te skryf. Wanneer ʼn kind weet hoe om vrae te benader en reeds soortgelyke vrae gesien het, verminder dit angs en bou dit selfvertroue.

Dit is soos om vir ʼn wedloop te oefen: jy weet wat voorlê en jy is gereed om jou beste te gee.

Moenie wag totdat die eksamen op julle afstorm nie. Gee jou kind die nodige ondersteuning deur vandag nog ʼn gratis profiel op Solidariteit te skep.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel