Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Help jou spanne om te floreer danksy Solidariteit se gratis webinaar
Deur Kyla-Ann du Toit
Waarom bly sommige werknemers lojaal en gemotiveerd, terwyl ander organisasies voortdurend spanlede verloor? Wat maak dat werknemers regtig in ʼn organisasie wil bly? Die antwoord lê nie in salarisse, bonusse of pizza-Vrydae nie, maar in die kultuur wat leiers skep.
Solidariteit bied op 30 Junie 2026 ʼn gratis webinaar aan wat werkgewers, leiers en professionele persone sal help om beter te verstaan wat dit werklik beteken om ʼn werksomgewing te skep waarin mense nie net oorleef nie, maar floreer.
Die webinaar word deur die bedryfsielkundige dr. Jannet Davel aangebied. Sy gaan deelnemers wys hoe veiligheid, sinvolle werk, groei, erkenning en doelbewuste leierskap ʼn direkte invloed op werknemerbetrokkenheid, prestasie en werkplekkultuur het.
Wat kan jy verwag?
Baie organisasies fokus op korttermynbelonings om werknemers gelukkig te hou, maar navorsing en ervaring toon dat mense op die lang termyn meer nodig het. Werknemers wil gewaardeer voel, betekenis in hul werk vind, geleenthede vir groei hê en deel wees van ʼn gesonde werkplekkultuur.
Tydens die webinaar gaan dr. Davel onder meer gesels oor:
- • wat dit beteken wanneer werknemers werklik in ʼn werksomgewing floreer;
- • waarom oppervlakkige belonings nie genoeg is om mense betrokke te hou nie;
- • wat van werkgewers en leiers verwag word om ʼn positiewe kultuur te skep;
- • hoe waarderende leierskap in die praktyk lyk;
- • hoe werkgewers ʼn omgewing kan skep waarin mense kan groei; en
- • praktiese stappe wat leiers reeds vandag kan begin toepas.
Jy benodig ʼn gratis Solidariteit-profiel om die webinaar by te woon. Klik hier indien jy nog nie ʼn profiel het nie.
Wie is die spreker?
Dr. Jannet Davel is ʼn geregistreerde bedryfsielkundige by die Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (HPCSA). Sy het haar MCom en PhD aan die Universiteit van Pretoria voltooi, met ʼn fokus op menslikekapitaalontwikkeling en die impak van ontwikkelingsprogramme op indiensneembaarheid.
Sy spesialiseer in menslikehulpbronbestuur, talentontwikkeling en organisasie-ontwerp, en werk sedert 2011 as konsultant saam met ʼn verskeidenheid organisasies. Haar passie is om organisasies te help om die regte mense in die regte rolle te plaas en werksomgewings te skep waarin mense en ondernemings kan uitblink.
Waar en wanneer?
Datum: 30 Junie 2026
Tyd: 13:00
Plek: Solidariteit-aanlyn by www.solidariteit.co.za
Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Registreer jou gratis Solidariteit-profiel en klik hier om jou plek te bespreek.
Skakel by Solidariteit se gratis webinaar in en bou ʼn organisasie waar elke skakel in die ketting na uitnemendheid streef!