loading
Artikels
1 jaar gelede
helpende-hand-en-solidariteit-bied-skaduwerkgeleenthede

Foto Krediet: Verskaf

Helpende Hand en Solidariteit bied skaduwerkgeleenthede

Deur Heléne Leonard

Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk het vanjaar in samewerking met Helpende Hand ʼn beurs vir sewe jong meisies aangebied. Die beurs het ʼn wonderlike geleentheid vir hierdie meisies ingehou, en hulle het onder andere die noodsaaklike vaardighede pakket van die Kantoorpraktisynsnetwerk as deel van die beurs ontvang. Gedurende die Junie-/Julie-skoolvakansie het Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk hierdie jong mense se hande gevat en hulle verskeie geleenthede gebied, insluitend skaduwerkgeleenthede, hulp met die opstel van getuigskrifte en blootstelling aan ʼn professionele netwerk van mense wat in dieselfde beroep werk.

Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk is ʼn waardevolle vennoot op die pad na meesterskap in ʼn kantoor- en administratiewe omgewing. Kantoorpraktisyns voel dikwels dat hulle nie die erkenning ontvang wat hulle verdien nie, terwyl hulle ʼn kritieke rol in die dag-tot-dag bestuur van organisasies vervul. Met hierdie netwerk het kantoorpraktisyns die geleentheid om persoonlik verantwoordelikheid vir hul loopbane te neem en deel te word van ʼn gemeenskap van professionele praktisyns waar hulle waardeer word, kennis kan deel en hul vaardighede en kennis kan uitbrei om hul volle potensiaal as spesialiste in die veld te bereik. Dit is hoe ons mekaar bemagtig en bevorder. Lees meer hier oor #ElkeenHelpEen.

Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk besef dat kantoorpraktisyns unieke uitdagings ervaar, onder druk werk, oor ʼn wye algemene kennis moet beskik en verskeie vaardighede moet hê. Daarom bied hierdie netwerk ʼn veilige omgewing vir jonk en oud om hulleself verder te kan ontwikkel in hierdie rigting. Skaduwerkgeleenthede speel spesifiek ʼn belangrike rol in enige jong mens se toekoms en met hierdie geleentheid wat deur die netwerk en Helpende Hand aangebied is, het hierdie sewe jong dames ongelooflike skaduwerkgeleenthede ontvang. Dit stel jong mense in staat om meer praktiese ervaring op te doen, dit gee vir hulle ʼn hupstoot in die bedryf en bied ʼn waardevolle leergeleentheid. Gedurende skaduwerkgeleenthede kan daar ook spesiale persoonlike netwerke tussen die skadustudent en die persoon wie hulle skadu opgebou word. Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk is daarop gefokus om terug te ploeg in die gemeenskap en sodoende wil ons verseker dat hierdie sewe jong dames nie net agtergelaat word na die skoolvakansie nie. Solidariteit Jongwerkende gaan elkeen van hulle by die hand vat wanneer hulle in 2024 as jong werkendes hulle loopbaanpad afskop.

Die waarde van hierdie geleentheid, en die ondersteuning en bevordering van ander kan nie genoeg beklemtoon word nie. Deur studente in staat te stel om praktiese ervaring op te doen, blootstelling aan professionele netwerke te kry en die nodige vaardighede en kennis te verwerf, kan ons die volgende geslag kantoorpraktisyns bemagtig en bevorder. Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk saam met Helpende Hand het met hierdie beurs bewys wat die waarde is van skaduwerk, en die geleentheid om ander te help en te ondersteun.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel