loading
avatar
Artikels
5 dae gelede
hier-is-die-memorandum-wat-aan-g20-lande-oor-sa-se-rasmalheid-gestuur-is

Foto Krediet: ChatGPT

Hier is die memorandum wat aan G20-lande oor SA se rasmalheid gestuur is

Lande wat die VN-konvensie, die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Alle Vorme van Rassediskriminasie (ICERD), onderteken het, staan onder die verpligting om ander ondertekenaars daarvan by die voorskrifte te hou.

Die Suid-Afrikaanse regering oortree die konvensie en die reëls deur sy rassewette, al is hy ook ʼn ICERD-ondertekenaar.

Die G20-beraad vind oor net meer as twee weke in Johannesburg plaas. G20-lidlande is almal ondertekenaars van ICERD en daarom het Solidariteit memorandums aan hulle almal oorhandig waarin versoek word dat hulle druk op Suid-Afrika oor sy oortreding van die konvensie uitoefen.

Twintig verteenwoordigers van Solidariteit het vandeesweek elk sélf ʼn G20-ambassade of -hoofkwartier hieroor besoek.

Hier is die memorandum.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel