loading
avatar
Artikels
2 maande gelede
solidariteit-se-raswet-reklamebord-van-die-m1-verwyder

Foto Krediet: X

Solidariteit se raswet-reklamebord van die M1 verwyder

Solidariteit het ʼn reuse-reklamebord langs die M1-hoofweg aangebring met die woorde: “Welcome to the most race-regulated country in the world” en is binne enkele ure deur die Johannesburgse munisipaliteit verwyder! Dit is ʼn verwelkoming vir die G20-beraadgangers en deel van ʼn groter veldtog om die G20-lande te vra om die afskaffing van rassebeleide op die agenda van dié beraad te plaas.

Is dit waar?

Ja, volgens die  Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) se navorsing is Suid-Afrika inderdaad die mees rasgereguleerde land ter wêreld. Sowat 122 rassebeleide is sedert 1994 in Suid-Afrika aangeneem, en die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming, wat in April 2023 bekragtig is, stel nou spesifieke teikens vir elke sektor (onderwys, finansies, landbou ensovoorts).

Dié sektorteikens bepaal rasseteikens per beroep en maak ras die belangrikste oorweging vir die vul van poste en loopbaankeuses. Geen land ter wêreld maak ras op hierdie wyse ʼn uitsluitlike faktor vir werkgewers nie.

Watter uitwerking het rassewette?

  • • Nuwe sektorteikens vereis dat 70 000 wit mans en meer as 111 000 vroue hul werk in die volgende vyf jaar moet prysgee om sogenaamde gelyke-indiensnemingsteikens te bereik.
  • • Suid-Afrika het reeds 69% van sy moontlike groei verloor sedert swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in 2007 verskerp is.
  • • Die ANC se rassebeleide kos die ekonomie minstens R290 miljard per jaar – dit is sowat 4% van die land se totale BBP.
  • • Indien maatskappye nie daaraan voldoen nie, kan wesenlike boetes gehef word – tot en met 10% van hul omset.

Wat wil Solidariteit regkry:

  • • Druk moet op Suid-Afrika uitgeoefen word om aan internasionale konvensies te voldoen wat spesifiek rassediskriminasie verhoed.
  • • Druk moet op Suid-Afrika geplaas word om ʼn geïdentifiseerde einddatum vir sy rassebedeling vas te stel.
  • • Druk moet op Suid-Afrika geplaas word om nie ras as die enigste maatstaf vir indiensneming te gebruik nie.
  • • Druk moet op Suid-Afrika geplaas word om die sosioëkonomiese posisie van mense, eerder as hul ras, in hulpprogramme te oorweeg.
  • • Druk moet op Suid-Afrika geplaas word om opleiding en ontwikkeling te prioritiseer om mense te bemagtig, eerder as om rasseteikens na te jaag.
  • • Druk moet op Suid-Afrika geplaas word nie-tariefstruikelblokke, in die vorm van rasprogramme, vir internasionale maatskappye af te skaf.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel