loading
Artikels
23 uur gelede
hier-is-wat-jy-alles-kry-as-jy-op-solidariteit-se-platform-registreer

Foto Krediet: OkayDeer

Hier is wat jy alles kry as jy op Solidariteit se platform registreer

Deur Leré Nel

Werksoek hoef nie ’n eensame, duur of oorweldigende proses te wees nie. Of jy pas begin werk soek het, al vir ’n ruk lank sukkel, of bloot ’n beter geleentheid soek – Solidariteit is hier om jou elke tree van die pad te ondersteun.

Wanneer jy ’n gratis profiel skep, kry jy toegang tot ’n volledige stel professionele hulpmiddels – alles op een plek, alles gratis.

Hier is wat jy alles kry as jy registreer:

  1. 1. Bou jou CV in minute
    Gebruik ons outomatiese CV-bouer en stap-vir-stap CV-gids om ’n professionele, kragtige CV te skep. Dit haal die kopseer uit die skryf van ʼn CV uit.
  2. 2. Berei voor vir jou onderhoud
    Met ons onderhoudgids kry jy voorbeelde van moontlike vrae en antwoorde wat jy in die onderhoud mag ontvang, asook wenke oor ʼn onderhoud sodat jy by jou volgende werksonderhoud selfvertroue kan uitstraal.
  3. 3. Toegang tot poste wat by jóú pas
    Sodra jou profiel opgestel is, kry jy toegang tot werksgeleenthede wat pas by jou vaardighede en belangstellings. Geen tyd mors met poste wat nie relevant is nie.
  4. 4. Voltooi jou eie loopbaanstudie
    Die Studeerkamer is propvol video’s, gidse, wenke en navorsing – alles ontwerp om jou slimmer te maak oor jou loopbaan en jou vir sukses voor te berei.
  5. 5. Beplan en hou tred met jou vordering
    Gebruik ’n kontrolelys wat jy kan invul vir jou werksoekreis – dis jou persoonlike padkaart na sukses.
  6. 6. Word deel van ’n beroepsnetwerk
    Sluit aan by groepe met mense wat dieselfde beroepe of belangstellings as jy het. Bou kontakte en word geïnspireer deur ander.
  7. 7. Leer aanlyn teen jou eie tempo
    Van tegniese vaardighede tot sagter vaardighede – ons aanlyn kursusse help jou groei, waar jy ook al is.
  8. 8. Kry mentorskap van ervare beroepslui
    Die pad werk toe is makliker as iemand al daardie pad gestap het. Kry insig en leiding van mentors wat weet waarvan hulle praat.


As jy wil groei, werk kry, en jouself wil toerus vir loopbaansukses – begin hier.

Skep vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit se platform en kry toegang tot meer as net poste. Kry ’n volledige stel hulpbronne om jou loopbaan ’n hupstoot te gee.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel