loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
hoe-antwoord-jy-op-haatlike-kommentaar-oor-plaasmoorde-en-aanvalle

Foto Krediet: Okay Deer

Hoe antwoord jy op haatlike kommentaar oor plaasmoorde en -aanvalle?

Ná verskeie navrae op sosiale media – spesifiek oor hoe om op veragtelike opmerkings oor plaasmoorde én die groter golf van geweld in Suid-Afrika te reageer – het ons dit goedgedink om kortliks voorstelle te gee oor hoe jy hierdie gesprekke sinvol kan hanteer.


“As ʼn boer vermoor word, word ʼn plaas vermoor. As ʼn plaas vermoor word, word ʼn boeregemeenskap vermoor. As ʼn boeregemeenskap vermoor word, word ʼn land se voedselsekerheid vermoor. Plaasmoorde is ons almal se saak.”

Só skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, oor die erns van plaasmoorde en hoe dit ons almal raak. Die hartseer waarheid is dat nie almal hiermee saamstem nie. Wanneer mense op sosiale media oor plaasmoorde die spot dryf of dit ontken, is dit natuurlik maklik om woedend en ontsteld te raak.

Dit is verstaanbaar. Vir baie Afrikaners gaan dit dikwels oor kennisse of mense met wie hulle ʼn sterk verbintenis voel. Dit raak ons gemeenskappe en uiteindelik ook ons land. Maar ons moet onthou: Sosiale media skep ruimte vir konflik en emosie, en is selde ʼn geskikte terrein vir gesonde probleemoplossing. So nodig as wat dit is om die waarheid oor ʼn saak te verkondig, net so nodig is dit dat nie almal op sosiale media daar is om oortuig te word nie. Daarom kan ons nie in elke aanlyn kommentaarstryd inspring of op elke haatlike plasing reageer nie.

Op sosiale media word mense se menings gereeld eerder versterk as verander. Daar word gesoek na bevestiging van dit wat hulle reeds glo – of wíl glo. Natuurlik is stilbly nie altyd ʼn antwoord nie, en is dit ook soms reg om iemand se foute en vooroordele uit te wys.

Iemand wat ligsinnig oor plaasmoorde praat, gaan egter nie maklik erken dat hy van siening verander het bloot omdat jy betroubare statistieke gedeel het nie. Vir baie word dit ʼn algemene verskynsel dat jy uitgelok word wanneer jy die erns van plaasmoorde as deel van die algehele moordkrisis in die land uitlig.

Dit is egter beter om ons energie daaraan te bestee om ondersteunend teenoor slagoffers op te tree, steun te gee aan organisasies wat werklik ʼn tasbare verskil probeer maak, én druk op politici en die owerhede te plaas om verantwoordelik op te tree.

Baie is al oor dié onderwerp gesê en geskryf. Maroela Media het ʼn reeks artikels wat jy kan lees om jou verder oor hierdie onderwerp in te lig:

Goeie raad is dus om jou tweestryde noukeurig te kies. Soms beteken  stilte in ʼn kommentaarstryd juis nie onverskilligheid nie, maar eerder ʼn doelbewuste keuse om jou energie vir ʼn sinvolle redenaar eerder as ʼn aanlyn aanstoker te spaar.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel