loading
Artikels
1 jaar gelede
hoe-kan-ek-my-kind-van-hoerskool-af-ondersteun-om-sukses-te-behaal

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe kan ek my kind van hoërskool af ondersteun om sukses te behaal?

Deur Marné Pienaar

Vandag se hoërskoolleerders se loopbaanpad lyk veel anders as dié wat hul ouers gestap het. Tussen die magdom vakkeuses, loopbaanopsies wat ouers self nie heeltemal verstaan nie en bekommernisse oor die toekoms in Suid-Afrika, is dit geen wonder dat ouers soms onseker is hoe hulle hul kinders hiermee kan ondersteun.

Wel, liewe ouer, jou slapelose nagte is iets van die verlede.

Solidariteit se aanlyn platform is die antwoord op al jou vrae en die sleutel om jou kind te bemagtig om sy/haar roeping ten volle te kan uitleef.

Solidariteit se Skoliere-aanbod is geskep om jou kind sommer van vroeg af vir die werkplek voor te berei. Só werk dit:

#VakKeuses

Vakkeuses is ʼn belangrike besluit wat elke leerder moet neem. Solidariteit bied talle hulpmiddels om die regte inligting oor vakke en studierigtings te kan bekom en dit in die vorm van video’s wat deur leerders self aangebied word.

Belangstellingsbepaler

Solidariteit se Belangstellingsbepaler help jou kind om sy of haar belangstellings te identifiseer. Dit is ʼn gratis aanlyn vraelys wat deur gekwalifiseerde bedryfsielkundiges ontwikkel is.

Voltooi die vraelys hier.

Loopbaanvoorligters

Psigometriese toetse is ʼn uitstekende manier om aanleg, vaardighede en karaktereienskappe te identifiseer en daarvolgens ʼn beroep aan te beveel.

Solidariteit bied aan lede en gebruikers van die Skoliere-aanbod toegang tot ʼn netwerk van loopbaanvoorligters, opvoedkundige sielkundiges en psigometriste.

Vra die kundige met wie jy kontak maak vir die Belangstellingsbepaler-pakket. Hierdie pakket, wat vir lede van Solidariteit en deelnemers aan Solidariteit se Skoliere-aanbod beding is, gaan jou ’n maksimum van R2 500,00 kos en sluit die volgende in:

  • • ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou aanleg bepaal;
  • • ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou persoonlikheid analiseer; en
  • • ten minste een konsultasie wat ’n uur lank duur met die kundige van jou keuse.

Vind meer uit hieroor.

My Hoërskoolpad se inligtingsvideo’s

Alle vrae en kwessies wat leerders moontlik in hul hoërskoolloopbaan gaan teëkom, word in ʼn insiggewende reeks video’s bespreek en beantwoord.

Kyk die video’s en maak jou hoërskoolloopbaan makliker.

Studieondersteuning

Solidariteit glo dat enigeen wat wil studeer, moet kan studeer. Daar is dus talle beurse, studielenings en beurslenings geskep om geleentheid vir jong mense te skep om te kan studeer.

Daar is meer as 40 studiebeurse en -lenings waarvoor voornemende studente kan aansoek doen. Instellings soos Solidariteit Finansiële Dienste, Helpende Hand Studietrust (HHST), die Atterbury Trust, die Helpmekaar Studiefonds en Rapport Onderwysfonds kan in die verband genader word.

ʼn Beurs is ʼn finansiële toekenning waar geen studiegeld terugbetaal hoef te word nie (tensy jou kind sy studie staak). In die geval van ʼn studielening moet die geld na afloop van die studie terugbetaal word.  

Klik hier om deeglik kennis te maak met al jou opsies.

Deur jou kind by die Skoliere-aanbod in te skakel, bemagtig jy jou kind om sy of haar hoërskoolpad met sukses te voltooi en die toekoms met selfvertroue aan te pak.

Al wat jy moet doen is om jou kind te help om ʼn gratis profiel op Solidariteit te skep. Jy kan vandag al jou kind se sukses verseker.

Só skep jy ʼn profiel:

  1. 1. Besoek www.Solidariteit.co.za
  2. 2. Klik op “registreer”
  3. 3. Vul die vorm in

#RaakBetrokke vandag en saam sal ons bou aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel