loading
Artikels
7 maande gelede
hoe-om-gesonde-verskille-in-jou-werkspan-te-bevorder

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe om gesonde verskille in jou werkspan te bevorder

Deur Anja van den Berg

Dis maklik om jouself gelukkig te ag as jy in ʼn span met minimale konflik werk. Goed-geoliede spanne vind ʼn ritme van samewerking en pas in gedragspatrone in wat verskille minimaliseer. Jy sal vergewe word as jy dink dis die beskrywing van die Droomspan. In praktyk kan hierdie gewoonte om so te werk die span se prestasie egter beperk en die generering van deurbraak-idees belemmer. As almal altyd goed oor die weg kom oor elke enkele aspek, loop die paneel die risiko om groepdink ten prooi te val.

Groepdink dikteer dat besluite slegs geneem kan word nadat almal oor alles saamstem. “Konformiteit is die voorloper tot groepdink,” sê Janko Kotze, ʼn industriële sielkundige en MD van mensebelange. “Met groepdink in aksie neem spanne besluite ten gunste van die laagste algemene deler. Gevolglik is dit ontneem van oorspronklikheid en nie ten gunste van risiko nie.”

Om groepdink te bestry moet leiers die mag van teenoorgesteldes inspan. Hulle moet sielkundige veiligheid kultiveer, sowel as genoeg produktiewe spanning skep om idees te stimuleer.

Aanvanklik sal sielkundige veiligheid en produktiewe spanning soos botsende konsepte lyk. Sielkundige veiligheid beteken dat mense hulle opinies kan lug terwyl hulle mekaar altyd met respek behandel. Daarteenoor maak produktiewe spanning idees van konflik en veg wakker.

Kotze verduidelik dat hierdie konsepte egter goeie spanmaats uitmaak. Sielkundige veiligheid stel die reëls vir toewyding daartoe om mekaar met grasie te behandel, terwyl produktiewe konflik die tafel dek vir die lewendige bespreking van onderwerpe sonder om mense persoonlik aan te val.

Wanneer mense weet dat hulle nie deur ʼn verbale masjiengeweer gekritiseer of doodgeskiet gaan word nie, voel hulle gemaklik om nuwe idees te opper en verwagte patroon te verbreek.

Die meeste van ons wil konsensus in die hand werk en uiteenlopende menings onderdruk selfs voor hulle geopper word. Om nie saam met die stroom te gaan nie kan ongemaklik wees. Om idees voor te lê wat teen die groep se konvensionele denke gaan, is moeilik. Deur twee kante van dieselfde munt te inkorporeer – sielkundige veiligheid en produktiewe spanning – word ʼn veilige ruimte verskaf om nuwe gedagtes te verwelkom en uit te lok.

Solidariteit bied ’n kursus aan oor emosionele intelligensie, wat die wortel van konflik ondersoek en aanspreek.

Indien jy graag hierdie kursus wil volg, klik hier en raak sommer vandag nog konflik baas. Indien jy nog nie ʼn Solidariteit-lid is nie, klik hier of lees hier meer oor hoe jy vir voortgesette leer kan inskryf.

Leer jou toekoms oop met Solidariteit.

 

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel