loading
Artikels
8 maande gelede
hoe-om-jou-loopbaan-vroegtydig-te-beplan

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe om jou loopbaan vroegtydig te beplan

Deur Liza Joubert

Loopbaanbeplanning is nie iets wat jy tot ná matriek of universiteit uitstel nie. Dit is ’n voortdurende proses waarmee jy al vroeg in jou lewe moet begin. Begin sommer nou al om jou loopbaanpad uit te lê en gee jouself ’n voorsprong om doelgerig en voorbereid jou toekoms te betree.

Die belangrikheid van selfkennis

Selfkennis is die grondslag van enige goeie loopbaanbeplanning. Dit gaan daaroor om te weet wie jy is, wat jou dryf en wat jou gelukkig maak. Dit begin by die eenvoudige vraag: “Wat is my belangstellings en talente?” Deur gereeld hieroor na te dink, kan jy jou sterk- en swakpunte beter verstaan en só jou loopbaanpad begin vorm. Hierdie selfkennis sal jou help om realistiese en motiverende loopbaandoelwitte te stel.

Solidariteit se My Hoërskoolpad is ʼn waardevolle hulpbron wat skoliere en selfs studente kan gebruik om hulle sterkpunte te ontdek en te ontwikkel. Deur gebruik te maak van hulpmiddels soos die Belangstellingsbepaler, kan jy ʼn beter begrip kry van jou voorkeure en vaardighede, wat jou sal help om loopbane te identifiseer wat by jou pas.

Belangstelling en vaardighede

Dit is belangrik om jou belangstellings en vaardighede in ag te neem wanneer jy jou loopbaan beplan. Wat geniet jy om te doen? In watter aktiwiteite blink jy uit? Hierdie vrae is noodsaaklik omdat dit jou kan lei na ʼn loopbaan wat nie net finansieel lonend is nie, maar ook bevredigend.

Elke student is onseker oor watter rigting hulle moet inslaan. Dit is waar loopbaanvoorligters by jou skool of universiteit en van groot waarde kan wees. Hulle kan jou help om jou belangstellings en vaardighede te identifiseer deur middel van psigometriese toetse en om jou te lei na beroepe wat vir jou geskik is. Hierdie voorligters het toegang tot inligting oor verskillende beroepe, en kan jou ook verbind met skaduwerkgeleenthede of vrywillige werk wat jou kan help om meer oor ’n spesifieke loopbaan te leer. Solidariteit het vir sy lede ʼn vaste bedrag vir die onderneming van hierdie toetse beding.

Vra die kundige met wie jy kontak maak vir die Belangstellingsbepaler-pakket. Dit gaan jou ’n maksimum van R2 500,00 uit die sak jaag en sluit die volgende in:

  • • Ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou aanleg bepaal;
  • • Ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou persoonlikheid analiseer; en
  • • Ten minste een konsultasie wat ’n uur lank duur met die kundige van jou keuse.

Kies die regte loopbaan

Dit is een ding om jou belangstellings en vaardighede te ken, maar hoe kies jy die regte loopbaan? Dit is hier waar jy praktiese oorwegings moet maak. Watter loopbane is in aanvraag? Watter loopbane het goeie langtermynvooruitsigte? En hoe pas jou belangstellings en vaardighede in hierdie prentjie?

ʼn Goeie beginpunt is om ʼn oorsig te kry van loopbane wat by jou belangstellings en vaardighede pas. Verder, ondersoek verskillende beroepe en industrieë en neem deel aan netwerkgeleenthede, soos loopbaanskoue. Hierdie aktiwiteite sal jou help om te verstaan wat werklik van jou verwag word in ʼn spesifieke beroep en of dit vir jou gepas is. Vir skoliere is dit altyd nuttig om skaduwerkgeleenthede aan te gryp, vakansiewerk te doen of selfs gemeenskapswerk. Die ideaal is om te vind waar jou passie en jou sterkpunte paaie kruis.

ʼn Voorsprong deur vroegtydige beplanning

Die vroeë beplanning van jou loopbaan bied jou ʼn voorsprong om met selfvertroue jou toekoms aan te pak. Jy het dan reeds ’n duidelike idee van waarheen jy op pad is en wat dit van jou gaan verg om jou doelwitte te bereik. Dit lei daartoe dat jy die regte vakke op skool kies, dat jy weet watter kursusse jy op universiteit kan oorweeg, en watter buitemuurse aktiwiteite hierdie loopbaanpad kan ondersteun.

Loopbaanbeplanning is nie ʼn eenmalige proses nie, maar ʼn voortdurende aanpassing en verfyning van jou doelwitte en aspirasies. Deur vroegtydig te begin, gee jy jouself die geleentheid om met ’n vaste plan vorentoe te beweeg en sodoende jou toekoms met meer selfvertroue en sekerheid aan te pak.

Solidariteit glo dat elkeen wat wíl werk moet kán werk. Dit eindig egter nie net by enige werk nie, maar by ʼn roeping. Gebruik die beskikbare hulpmiddels en hulpbronne van Solidariteit en maak die beste van elke geleentheid wat oor jou pad kom. Kyk vreesloos na die toekoms, want #JyHoortHier.

Solidariteit stap die volle loopbaanpad saam met jou. Skep jou gratis profiel op Solidariteit en vind uit wat Solidariteit jou bied, ongeag in watter lewensfase jy jouself bevind.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel