loading
Artikels
5 maande gelede
hoe-solidariteit-se-my-hoerskoolpad-jou-kind-met-sy-of-haar-loopbaankeuse-help

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe Solidariteit se My Hoërskoolpad jou kind met sy of haar loopbaankeuse help

Deur Karen Waldeck

Jou kind se loopbaankeuse is sekerlik een van die belangrikste besluite wat hulle ooit sal moet neem. Die regte loopbaankeuse vorm die fondasie vir die res van hul lewe, en beïnvloed hoe suksesvol en vervuld hulle sal voel. In ʼn tyd waar die werkloosheidsyfer steeds hoog is, is dit noodsaaklik dat jou kind vroegtydig die regte rigting inslaan. Maar hoe kan ouers en leerders seker maak dat hierdie belangrike besluit op die mees ingeligte manier geneem word?

Dit is hier waar My Hoërskoolpad van Solidariteit intree. Hierdie unieke e-leerkursus is ontwerp om leerders te help om reeds vanaf die begin van hul hoërskoolloopbaan beter loopbaankeuses, wat in lyn is met hul passies en talente, te maak. Dit is ʼn hulpmiddel wat nie net leerders rig nie, maar ook ouers gerusstel dat hul kind die regte pad volg.

Wat is My Hoërskoolpad?

My Hoërskoolpad is ʼn omvattende e-leerkursus wat leerders stap-vir-stap deur die proses van loopbaanbeplanning neem. Die kursus dek verskeie fases van die hoërskoolloopbaan, en voeg waarde toe in elke fase, van graad 8 tot matriek. Dit is spesifiek ontwerp om leerders en hulle ouers te help om leerders se sterkpunte, belangstellings en persoonlikheid beter te verstaan, en hoe hierdie faktore met moontlike loopbane ooreenstem.

Hoe werk die kursus?

Jy sal heel eerste op Solidariteitmoet registreer. Daarna sal jy onder Solidariteit se Skoliere-aanbod by My Hoërskoolpad uitkom. My Hoërskoolpad is gestruktureer om leerders in elke fase van hul hoërskoolloopbaan te ondersteun. Elke fase bou voort op die vorige een, sodat leerders teen die tyd dat hulle by matriek kom, ʼn duidelike idee het van watter loopbane die beste by hulle pas. Die kursus is verdeel in die volgende fases:

Graad 8-9: Selfontdekking en verkenning

In hierdie vroeë fase fokus die kursus op selfontdekking. Leerders word gelei om hul belangstellings, sterkpunte en passies te identifiseer. Dit is ʼn belangrike fase waarin hulle begin dink oor watter vakke hulle vir die res van hul skoolloopbaan gaan kies, en hoe hierdie keuses hulle toekomstige loopbaan kan beïnvloed. Dit sal ook goed wees om gedurende hierdie fase na die Belangstellingsbepaler te kyk.

Graad 10-11: Loopbaanverkenning en vakkeuses

Sodra leerders ʼn beter begrip van hulleself het, begin hulle die wêreld van werk verken. Hierdie fase van die kursus bied uitgebreide inligting oor verskeie beroepe, wat insluit watter vaardighede en kwalifikasies benodig word.

Graad 12: Voorbereiding vir die werklike wêreld

Die finale fase berei leerders voor vir die lewe ná skool. Dit sluit in hulp met universiteits- of kollegekeuses, asook praktiese wenke oor hoe om ʼn CV op te stel en voor te berei vir werksonderhoude. Hierdie fase is noodsaaklik vir leerders wat op die punt staan om hul eerste groot stap in die volwasse wêreld te neem.

Wat is die rol van ouers tydens hierdie proses?

As ouer speel jy ʼn sleutelrol in jou kind se loopbaanontwikkeling. My Hoërskoolpad bied ook toerusting en hulpbronne vir ouers om hulle te help om hul kinders deur hierdie proses te ondersteun. Jy kan saam met jou kind deur die kursusmateriaal werk en dit bespreek, hul vordering monitor, en hulle aanmoedig om die nodige stappe te neem om hul loopbaandoelwitte te bereik.

Hoekom moet jy My Hoërskoolpad kies?

Wat My Hoërskoolpad uniek maak, is die manier waarop dit leerders toerus met kennis en insig, wat hulle die selfvertroue gee om ingeligte besluite oor hul toekoms te maak. In plaas daarvan om blindelings ʼn loopbaan te kies of bloot die pad te volg wat vriende of familie aanbeveel, kan leerders met selfvertroue ʼn beroep kies wat regtig by hulle pas.

Die kursus help leerders om nie net hul potensiaal te ontdek nie, maar ook om dit te ontgin. Dit is ʼn belegging in hul toekoms wat nie onderskat kan word nie.

Wanneer dit kom by die voorbereiding vir die toekoms, is dit nooit te vroeg om te begin nie. Deur My Hoërskoolpad kan jou kind reeds vandag die eerste stap neem in die rigting van ʼn suksesvolle en vervulde loopbaan. Moenie die geleentheid misloop om hulle met hierdie waardevolle hulpmiddel toe te rus nie! Klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel