Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
#Leierskap-webinaar: Hoe kan jy jou kind in hul seisoen van leierskap help?
Deur Kyla-Ann du Toit
Wanneer jou kind as leier by die skool verkies word, betree hulle ʼn wêreld van nuwe verantwoordelikhede en uitdagings. Dit is ʼn opwindende tyd van groei en ontwikkeling, maar dit kan ook lei tot onsekerheid, druk en die neem van moeilike besluite. As ouer speel jy ʼn sleutelrol om jou kind in hierdie fase van hul skoolloopbaan te ondersteun en te begelei.
Jou kind is ʼn leier; jy is hul gids. Daarom nooi Solidariteit jou graag om 12 Maart 2026 om 19:00 die #Leierskap-webinaar by te woon. Dit is ʼn praktiese, insiggewende aanlyn sessie wat jou sal toerus om jou kind doeltreffend te ondersteun wanneer hul in leiersposisies staan óf daarna streef.
Wat gaan jy leer?
In hierdie webinaar gesels dr. Serahni Symington, ʼn geregistreerde berader en dosent, oor:
- • hoe om jou kind te ondersteun sonder om oor te neem;
- • maniere om selfvertroue en verantwoordelike besluitneming te bevorder;
- • praktiese riglyne vir die hantering van druk en kritiek;
- • hoe om konflik en aanspreeklikheid op ʼn positiewe manier te benader; en
- • hoe om met waardes, wysheid en selfvertroue te lei.
Hierdie webinaar is meer as net ʼn inligtingsessie. Dit is ʼn geleentheid om jou kind se groei doelgerig te ondersteun en hulle te help om hul selfvertroue te versterk, emosionele veerkragtigheid te bou en uitdagings op ʼn gesonde wyse te hanteer.
Wie is die spreker?
Dr. Symington bring ʼn unieke kombinasie van akademiese kennis en praktiese ervaring na die gesprek. Sy het ʼn PhD in Sielkunde, en is ʼn dosent en direkteur van studentesake by die Cornerstone Institute. Sy praktiseer ook as ʼn geregistreerde berader in haar privaat praktyk in Durbanville, waar sy daagliks met jong mense en ouers werk.
Sy verstaan die uitdagings wat tieners ervaar, asook hoe ouers hul kind/ers kan help om met selfvertroue en veerkragtigheid te groei.
Redes waarom jy die webinaar moet bywoon:
- • Gratis
- • Aanlyn (skakel maklik vanaf enige plek in)
- • Duur slegs ʼn halfuur
- • Spesifiek gemik op Afrikaanssprekende hoërskoolleerders en hul ouers
Datum: 12 Maart 2026
Tyd: 19:00 – 19:30
Plek: Aanlyn via Microsoft Teams
Klik hier om vir die webinaar te registreer. Let wel: Jy het ʼn gratis Solidariteit-profiel nodig om die webinaar by te woon.
Moenie hierdie waardevolle sessie misloop nie! Jou kind se leierskapsreis is ʼn kosbare geleentheid, en jý kan die verskil wees in hoe hulle dit ervaar. Met die regte ondersteuning kan hulle karakter, selfvertroue en verantwoordelikheidsin groei.
Bespreek dus vandag nog jou plek en help jou kind om hul leierskap met wysheid en selfvertroue te benader.