loading
avatar
Artikels
1 jaar gelede
hoekom-afrikaanse-skole-al-meer-na-solidariteit-toe-draai

Foto Krediet: Okay Deer

Hoekom Afrikaanse skole ál meer na Solidariteit toe draai

Afrikaanse skole se strewe na vernuwing en uitnemendheid lei daartoe dat hulle al hoe meer na Solidariteit toe draai. Oor die afgelope jaar het talle skole en individue besluit om Solidariteit se digitale hulpbronne te benut en hulle getuig nou van die waarde daarvan.

Die hulpmiddels en raad wat Solidariteit se netwerk van loopbaanvoorligters verskaf, is heel duidelik van groot waarde. Felicia Richardson, spesialis van Solidariteit se Skoliere-aanbod, sê dit is bemoedigend om te sien hoe gretig baie Afrikaanse skole en selfs skoliere is om Solidariteit se hulpbronne vir skoliere te benut.

“Ek dink skoliere besef daar is wél ʼn toekoms vir hulle in Suid-Afrika. Dit geld vir jongmense én skole. Mense besef daar is ondersteuning en geleenthede wat hulle op ʼn pad stuur waarop hulle vry, veilig en voorspoedig die toekoms in kan stap.

“Dit is juis om hierdie rede dat Solidariteit in Julie by 24 skole besoek afgelê het om alles wat Solidariteit bied aan leerders bekend te maak

“By Solidariteit het ons immers ʼn verantwoordelikheid om hoop by die jeug te skep sodat hulle nie ʼn toekoms in Suid-Afrika vrees nie. Ons wil toekomsbouers én hoopskeppers wees,” sê Richardson.

Hierdie gesogte hulpmiddels wat Solidariteit se Skoliere-aanbod bied, sluit die volgende in:

Belangstellingsbepaler

Jou beroepskeuse is een van die moeilikste maar ook een van die belangrikste besluite wat jy moet neem. Solidariteit se Belangstellingsbepaler sal jou help om jou belangstellings te identifiseer sodat jy verskeie moontlike loopbaankeuses kan ondersoek.

Hierdie gratis aanlyn vraelys is deur gekwalifiseerde bedryfsielkundiges ontwikkel en is maklik om te voltooi.

#Vakkeuses

Jou vakkeuses bepaal jou loopbaanmoontlikhede en daarom het ons ʼn visuele #VakKeuse-hulpbron ontwikkel. Ons het reeds die regte vrae gevra sodat jy dit nie hoef te doen nie. Solidariteit se #Vakkeuses bestaan uit ʼn reeks video’s wat jou sal help om die inhoud van vakke beter te verstaan.

My Hoërskoolpad

My Hoërskoolpad is ʼn allesomvattende videoleerhulpbron wat spesifiek op leerders in graad 8 tot graad 12 gemik is. Hierdie waardevolle hulpbron ondersteun jou in jou skoolloopbaan en sal jou help om jouself optimaal voor te berei vir jou volgende lewensfase. Jy kan hierdie reis aanlyn saam met Mila Guy en Nico Panagio aanpak.

Beroepe van die toekoms

Talle nuwe, innoverende beroepe gaan vanaf 2030 deur die vyfde industriële revolusie ʼn werklikheid word. Solidariteit se Skoliere-aanbod berei ouers en leerders nou al voor op beroepe wat vandag nog nie bestaan nie. Ons splinternuwe reeks, “Beroepe van die toekoms”, stel jou kind bekend aan tien beroepe, wat dit behels en watter vaardighede hulle vir hierdie beroepe gaan benodig.


Solidariteit se Skoliere-aanbod beplan om in Augustus by die volgende skole besoek af te lê en ons nooi skoliere graag uit om ons stalletjie te kom besoek:

2024/08/12 07:30Hoërskool Die Wilgers
2024/08/12 09:15Hoërskool Oos-Moot
2024/08/12 13:00Hoërskool Centurion
2024/08/13 08:00Hoërskool Pretoria-Noord
2024/08/13 09:30Hoërskool Gerrit Maritz
2024/08/14 08:00Die Hoërskool Wonderboom
2024/08/14 11:15HTS John Vorster
2024/08/15 09:45Hoërskool Montana
2024/08/16 07:00Hoërskool Zwartkop
2024/08/16 09:45Afrikaanse Hoër Seunskool
2024/08/16 11:45Hoërskool Eldoraigne
2024/08/19 07:45Die Hoërskool Wagpos  
2024/08/19 09:15Hoërskool Brits
2024/08/19 12:00Bergsig Akademie
2024/08/20 09:00Die Hoërskool Rustenburg
2024/08/20 10:30Hoërskool Grenswag
2024/08/23 08:30Hoërskool Nylstroom
2024/08/23 11:30Hoërskool Warmbad

Richardson sê hierdie skoliere leer baie uit Solidariteit se hulpmiddels vir skoliere en terugvoer is oorweldigend goed.

Hierdie skoolbesoeke en Solidariteit se Skoliere-aanbod bevestig vir haar hoe belangrik die werk is wat Solidariteit doen.  “Die verantwoordelikheid rus op ons om hoop te skep eerder as om hulle bang te praat oor die toekoms van Suid-Afrika,” sê sy.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel