
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Hoekom jy by die Finansiesnetwerk moet aansluit
Die Solidariteit Finansiesnetwerk is ʼn gemeenskap wat daarop toegespits is om professionele persone wat dienste in die finansiële bedryf aanbied met mekaar in kontak te bring, om jongmense ʼn kans op ʼn loopbaan in die beroep te gee, en die waghond te wees wat brandpunte in die beroep met werkbare oplossings takel.
Die Finansiesnetwerk wil jong werkendes se vennoot op hul indiwiduele en unieke pad na meesterskap in hul onderskeie beroepe wees.
Solidariteit se Finansiesnetwerk bied onder meer die skakel tussen jongmense en die beroep, sodat elke student die geleentheid kry om tot meesters in hul beroep te ontwikkel. Dit word moontlik gemaak deur mentorskappe, ‘n slypskool, internskappe en skaduwerkgeleenthede, netwerkgeleenthede, ander opleiding en beroepspesifieke inligting.
Drie redes waarom jy by Solidariteit se Finansiesnetwerk moet aansluit:
- Bou bande:
- Woon netwerkgeleenthede by waar ons jou die geleentheid gee om met kundiges in jou beroep skouers te skuur.
- Jy kry toegang tot ʼn netwerk van kundiges in jou beroep.
- Word beskerm:
- Die Finansiesnetwerk tree as waghond op om diskriminasie en uitbuiting in die beroep te beveg.
- Jy kry regsadvies oor enige arbeidsaangeleenthede in jou werkplek.
- Gratis werkfasilitering
- Bemagtig jouself:
- Ontvang mentorskap spesifiek vir jou beroep. Lees meer
- Kry toegang tot kort kursusse op die Solidariteit Leer-platform wat spesifiek vir jou beroep saamgestel is. Loer hier!
Buiten vir beroepspesifieke netwerkgeleenthede, is een van die beroepsnetwerke se grootste verantwoordelikhede om jongmense te help om dié beroep suksesvol te betree.
Hoe word ek deel van hierdie gemeenskap?
Netwerk-lede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul bepaalde beroep betrokke te raak. Dit is jóú bydrae om jou beroepsgemeenskap sterker te maak!
Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Ons sê skaamteloos #ElkeenHelpEen. Voorheen was daar ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges, en groot ondernemings om jonges ʼn hupstoot te gee. Nóú is dit die gemeenskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?