Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Verseker ʼn suksesvolle loopbaan danksy Solidariteit
Deur Maryna Eksteen
Solidariteit het ʼn reuse- aanlyn werkgemeenskap ontwikkel waar werkgewers en werksoekers bymekaar kan kom. Dit is ʼn gemeenskap waar Afrikaners toegang verkry tot die hulpbronne, ondersteuning en leiding wat hulle nodig het om hul loopbaandoelwitte te bereik.
Jy kan gratis van Solidariteit-aanlyn gebruik maak deur ʼn profiel te skep. Dit is jou eerste stap om deel te word van ʼn helpmekaargemeenskap en om ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te bou.
Met jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn kry jy toegang tot:
- • onbeperkte poste waarvoor jy aansoek kan doen;
- • ʼn betroubare werkportaal waar werkgewers gratis poste kan adverteer;
- • beroepsnetwerkgroepe waar jy plasings kan maak, skakels kan deel en met ander kan gesels om só jou netwerk uit te brei;
- • die Studeerkamer, wat gidse soos ʼn CV- en onderhoudgids, videoreekse, template en ander hulpmiddels bied – heeltemal gratis;
- • nagenoeg 150 kursusse vir voortgesette leer om jou kennis en vaardighede uit te brei;
- • Klets, ʼn Afrikaanse KI-assistent wat jou met algemene werkverwante vrae kan help; en
- • “Aanlyn regshulp”, ʼn Afrikaanse KI-assistent wat jou met arbeidsregsverwante vrae kan bystaan.
Klik hier om te sien hoe jy jou gratis profiel kan skep.
Verseker jou loopbaan met ʼn Solidariteit-lidmaatskap
Met jou Solidariteit-lidmaatskap kry jy toegang tot alles wat jou help om nie net goed te werk nie, maar ook om jou volle potensiaal te bereik. Jy kry toegang tot al die voordele van Solidariteit-aanlyn, sowel as ander waardevolle voordele wat jou deur jou hele loopbaanpad sal ondersteun.
Lees hier meer oor die volledige aanbod wat Solidariteit aan lede bied, of klik hier om vandag nog ʼn Solidariteit-lidmaatskap vir slegs R218 per maand uit te neem.
Indien jy reeds ʼn lid van Solidariteit is, maak seker dat jy jou lidmaatskap aan jou profiel op Solidariteit-aanlyn koppel om al jou voordele te ontsluit. Dit is eenvoudig: gaan na die “Lidmaatskap”-opsie op die kieslys aan die linkerkant van die skerm en klik op “Lidmaatskap”. Klik daarna op “Oorsig” en koppel jou lidmaatskap deur jou lidmaatskapnommer in te vul. Siedaar – jou lidmaatskap is gekoppel! Nou kan jy al die voordele met beide hande aangryp en jou volle potensiaal bereik.
Klik hier om vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te skep en raak tuis in jou aanlyn werkgemeenskap!