
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Hoekom jy by die Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk moet aansluit
Jou beroepsnetwerk is jou loopbaanvennoot, hetsy jy studeer, praktiseer of gereed maak vir aftrede.
Ongeag of jou beroep in radio, bemarking, grafiese ontwerp, video of verkope is, hiér kan jy die nodige hulp, raad en ondersteuning kry by mense wat jou uitdagings verstaan. Die Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk is ʼn beroepsgemeenskap waar mense wat in die onderskeie beroepe werksaam is, mekaar ondersteun en help.
Waarom moet jy aansluit?
Hier is drie redes waarom jy by Solidariteit se Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk moet aansluit:
Bou bande:
Woon netwerkgeleenthede by waar ons jou die geleentheid gee om met ander kundiges in jou beroep skouers te skuur.
Kry toegang tot ʼn netwerk van kundiges in jou beroep.
Word beskerm:
Die Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk tree as waghond op om diskriminasie en uitbuiting in die beroep te beveg.
Kry regsadvies oor enige arbeidsaangeleenthede in jou werkplek.
Werkfasilitering:
Jy kan gratis aansoek doen vir poste of poste adverteer op ʼn wêreldklas-stelsel.
Bemagtig jouself:
Tree as ʼn mentor op of ontvang self mentorskap. Lees hier meer.
Kry toegang tot kortkursusse op Solidariteit wat spesifiek vir jou beroep saamgestel is. Klik hier om meer te lees.
Hoe word ek deel van hierdie gemeenskap?
Beroepsnetwerklede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul bepaalde beroep betrokke te raak. Dit is jóú bydrae om jou beroepsgemeenskap sterker te maak! Klik hier vir meer inligting.
Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Ons sê skaamteloos #ElkeenHelpEen. Voorheen was daar ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges, en groot ondernemings om jong mense ʼn hupstoot te gee. Nóú is dit die gemeenskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?
Klik hier en sluit vandag nog by die Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk aan en raak deel van jou eenstopplatform in Afrikaans. Klik hier vir meer inligting oor Solidariteit se platform.