loading
Artikels
2 jaar gelede
hoekom-moet-jy-aan-n-beroepsnetwerk-behoort

Foto Krediet: Okay Deer

Dit is wat Solidariteit se beroepsnetwerke jou bied!

Solidariteit se beroepsnetwerke is gemeenskappe waar jy tuis kan voel in jou beroep, met ander kundiges kan netwerk en ʼn verskil kan maak vir die volgende generasie. Dit is ‘n gemeenskap wat hom daarop toespits om die beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond toesig te hou oor die beroep, en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom.

Beroepsnetwerklede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul bepaalde beroep betrokke te raak. Gemeenskaplike waardes gee aan elke netwerklid iets om in te glo, asook ʼn aanlyn gemeenskap om terug te ploeg en kennis te deel deur netwerkgeleenthede, werkskepping of mentorskapprogramme.

Solidariteit se netwerke stel jou ook in staat om in jou beroep te floreer, en dít in Afrikaans. Ons bied aan jou ʼn platform waar jy deel kan wees van ʼn selfstandige netwerk waar jy nie net tuis sal voel nie, maar waar jy ook bemagtig sal word om verantwoordelikheid vir jou toekoms en dié van ʼn volgende geslag te aanvaar.

Beroepsnetwerklede het toegang tot die volgende aanbod:

Werkfasilitering: Solidariteit bied werkfasilitering waar die gemeenskap mekaar kan help met werk. Hier kan jy jou CV oplaai, aansoek doen vir werk of beskikbare poste adverteer, en dit alles op ‘n wêreldklasstelsel, klik hier.

Werkbeskerming: Jou werk is jou toekoms. Solidariteit beskerm jou teen diskriminasie en uitbuiting in die werkplek.

Voortgesette leer: Solidariteit help jou om jou volle potensiaal te bereik deur lewenslange leer.

Beroepsnetwerke: Neem deel aan ’n netwerk vir jou spesifieke beroep.

Mentorskap: Wees ’n mentor vir iemand in jou beroep, of vind ʼn mentor vir jouself in jou beroep.

Loopbaanvoorligter: Solidariteit staan skoliere by met hul loopbaankeuse.

Vakkeuses: Skoliere, kies jou vakke met die hulp van Solidariteit.

My Hoërskoolpad: ’n E-leerkursus wat jou bemagtig om die regte keuses vir jou loopbaan te maak.

Indien jy die volledige aanbod wil besigtig, klik hier en word deel van die grootste Afrikaanse netwerk van werk ter wêreld. #RaakTuis by Solidariteit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel