loading
Artikels
1 jaar gelede
hoekom-moet-jy-aan-solidariteit-se-onderwysernetwerk-behoort

Foto Krediet: Okay Deer

Hoekom moet jy aan Solidariteit se Onderwysernetwerk behoort?

Solidariteit se Onderwysernetwerk is ʼn beroepsgemeenskap vir Afrikaanse onderwysers.

Die Onderwysernetwerk is ʼn tuiste vir onderwysers waar hulle regte binne die onderwyssektor beskerm word. Dié beroepsnetwerk takel onderwysaangeleenthede wat Afrikaanse onderwysers raak, insluitende diensvoorwaardes, die behoud van beheerliggaamposte en die verlening van arbeidsregsadvies en bystand.

Drie redes waarom jy by Solidariteit se Onderwysernetwerk moet aansluit:

Bou bande:

  • Woon netwerkgeleenthede by waar ons jou geleentheid bied om met ander kundiges in jou beroep skouer te skuur.
  • Kry toegang tot ʼn netwerk van kundiges in jou beroep en bou bande met lede van die netwerk.
  • Help om saam aan die toekoms te bou deur aan Sol-Tech, Akademia, Bo-Karoo Opleiding asook nuwe skole te bou.

Word beskerm:

Solidariteit se arbeidsregsadviseurs bied eerstehandse regsadvies aan lede. Die arbeidsregsadviseurs is dikwels in staat om onmiddellike arbeidsregskwessies in die werkplek op te los deur deurslaggewende advies aan lede te verskaf.

Bemagtig jouself:

  • As ʼn lid van Solidariteit se Onderwysernetwerk kwalifiseer jy vir gratis lidmaatskap van al 15 van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) se vakverenigings.
  • Jy kry as onderwyser toegang tot ál Die Wolkskool se video’s, werkkaarte, assesserings en elektroniese handboeke. Voorts kry onderwysers toegang tot die SOS se splinternuwe vraagbank waar hulle toetse en vraestelle kan genereer wat reeds gemodereerde vrae bevat. Die vraagbank is van wêreldklas-gehalte binne die KABV-kurrikulum gebou en is uiteengesit om self die vraestelle en assesserings te merk.
  • Jy ontvang 20%-afslag vir bywoning van die SOS se nasionale kongres.
  • Jy kan alle SOS-seminare (tans R250 per persoon) gratis bywoon.
  • Jy ontvang voortgesette opleiding by Solidariteit.
  • Jy kan alle SOS-seminare (tans R250 per persoon) gratis bywoon.
  • Jy ontvang gratis opleiding by Solidariteit Leer asook afslag vir kredietdraende kwalifikasies (afhangend van die aantal jare van lidmaatskap).

Hoe word ek deel van hierdie gemeenskap?

Beroepsnetwerklede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul bepaalde beroep betrokke te raak. Dít is jou bydrae om jou beroepsgemeenskap sterker te maak!

Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Ons sê skaamteloos #ElkeenHelpEen. Voorheen was daar ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en-kolleges en groot ondernemings om jong mense ʼn hupstoot te gee. Nóú is dit die gemeenskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?

Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos na onderrig@solidariteit.co.za of Klik hier om vandag nog by Solidariteit se Onderwysernetwerk aan te sluit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel