
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Hulp vir jou kind se matriekjaar
Deur Karen Waldeck
Matriek is ʼn uiters belangrike tyd vir enige leerder aangesien dit die begin van die volgende fase van hul akademiese reis is. Vir die meeste matrikulante bring die aansoekproses vir universiteit ʼn mate van onsekerheid en spanning mee. Dit is waar die regte ondersteuning en leiding ʼn groot verskil kan maak.
In hierdie artikel gaan ons kyk na hoe ouers, opvoeders en ondersteuningsinstellings, soos Solidariteit, kan help om matrikulante tydens hul matriekjaar te ondersteun, spesifiek deur studiehulp en akademiese voorbereiding.
1. Begryp die aansoekproses
Die eerste stap om ʼn matrikulant te ondersteun, is om ʼn beter begrip van wat die universiteitsaansoekproses behels te ontwikkel. Dit sluit in die identifisering van die verskeie universiteite en tersiêre instellings, die verskeidenheid kursusse wat beskikbaar is, asook die spesifieke vereistes vir elke kursus. Ouers en opvoeders kan hierdie inligting saam met die matrikulant deurgaan om ʼn duidelike begrip te vorm van die opsies wat beskikbaar is en die stappe wat vir ʼn suksesvolle aansoek gevolg moet word. Dit is ook belangrik om te kyk wanneer universiteite en ander tersiêre instellings se opedae plaasvind. Maak seker jy woon dit by.
2. Bied akademiese ondersteuning
Die korrekte akademiese voorbereiding en prestasie in matriek is deurslaggewend vir universiteitstoelating. Solidariteit bied ʼn verskeidenheid hulpmiddels aan matrikulante om hulle te help om hul vakke te bemeester en hul akademiese prestasie te verbeter. Solidariteit se hulp aan matrikulante sluit die volgende in:
- • My Hoërskoolpad: Leerders kan inligtingsvideo’s kyk wat hulle in elke graad ondersteun. Daar is 11 episodes waarna matrikulante kan kyk om hul kennis te verbreed en hulle te help om vir universiteit voor te berei.
- • Studieondersteuning: Solidariteit het die behoefte aan inligting oor waar studiehulp verkry kan word, raakgesien. Daarom het Solidariteit alle inligting met die name van organisasies wat studieondersteuning (hetsy studiebeurse of studielenings) bied, asook ander hulpmiddels op een plek byeen te bring waar al die inligting gerieflik beskikbaar is.
3. Ondersteuning en gerusstelling
Dit is van kardinale belang vir ouers, opvoeders en ondersteuningsinstellings om ʼn ondersteunende en gerusstellende omgewing vir matrikulante In hul finale jaar te gee.
Jy kan:
- • emosionele ondersteuning en aanmoediging bied;
- • enige vrae of besorgdhede wat matrikulante mag hê, hanteer; en
- • verseker dat jou kind die belangrikheid van selfsorg en balans verstaan en dit toepas om stres op ʼn gesonde manier te hanteer.
Deur ʼn ondersteunende netwerk te skep, kan matrikulante die selfvertroue en gemoedsrus hê om hul matriekjaar met selfversekering en hoop vir die toekoms aan te pak.
Die ondersteuning van matrikulante is ʼn gesamentlike poging wat die betrokkenheid van ouers, opvoeders en ondersteuningsinstellings vereis. Solidariteit bied akademiese hulp, fokus op studievaardighede en skep ʼn ondersteunende omgewing wat matrikulante bemagtig om suksesvol te wees in hul akademiese reis na universiteit, asook in die res van hul loopbaan.
Danksy Solidariteit se Skoliere-aanbod kan ouers en leerders maklik die onsekerhede wat met die finale skooljaar gepaardgaan takel en verseker dat jou matrikulant sy of haar volle potensiaal kan bereik!
Begin sommer vandag deur die volgende stappe te volg:
- Stap 1: Skep jou gratis profiel.
- Stap 2: Klik op die “Skolier”-opsie aan die linkerkant van die skerm.
- Stap 3: Verken al die voordele wat Solidariteit jou bied.