loading
Artikels
17 uur gelede
jong-werkende-jou-taal-is-nie-n-gebrek-nie-dit-is-jou-superkrag

Foto Krediet: OkayDeer

Jong werkende, jou taal is nie ʼn gebrek nie – dit is jou superkrag!

Afrikaans is nie ʼn beperking nie – dit is jou gereedskap vir sukses. Solidariteit help jou in jóú taal om werk te kry, jou CV te bou, mentors te vind, te leer en te groei. Van werkfasilitering tot regsadvies en beroepsnetwerke – alles in Afrikaans! Lees hier meer oor hoe jou taal jou superkrag vir sukses is.


Deur Kyla-Ann du Toit

“Ek kan myself beter uitdruk, want my woordeskat is reeds gevorm.”

“Ek dink vinniger, redeneer beter en is snaakser.”

“Dit maak dit soveel makliker om saam met mense te werk wat soos jy dink, praat en voel.”

“Kommunikasie is maklik en eenvoudig.”

“Ek voel altyd gemaklik en ek sal altyd inpas.”

“Mense verstaan my maklik en ek verstaan hulle maklik, want dit is ons moedertaal.”

Dít is wat ʼn groep jongmense op die vraag “Hoekom is dit vir jou belangrik om in Afrikaans te werk?” geantwoord het.

Sien, jong werkende, om Afrikaans te wees, is nie ʼn beperking nie – dit is ʼn voordeel. Dit is nie iets waaroor jy skaam hoef te wees of wat jou beperk nie; dit is iets wat jy moet vier! Dit is jou superkrag! Jou taal laat jou toe om jouself ten volle uit te druk, sinvol met ander te kommunikeer en die werkplek met selfvertroue aan te durf.

Wat bied Solidariteit vir jou as jong werkende?

Solidariteit sien Afrikaans nie net as ʼn taal nie, maar as ʼn instrument van bemagtiging. Dit is die taal waarin jy op jou gemak is en waarin jy leer, groei, kommunikeer en floreer. Dit is hoekom Solidariteit se volledige aanbod vir jong werkendes in Afrikaans beskikbaar is – sodat jy jou volle potensiaal sonder moeite kan bereik.

Solidariteit wil jou graag versterk om te verseker dat jy jou loopbaandoelwitte verwesenlik en dat jy vir jouself ʼn toekoms kan bou. Hier is hoe Solidariteit jou in jóú taal bystaan:

Werkfasilitering

Soek en kry werk – gratis, vinnig en in Afrikaans. Skep jou profiel op Solidariteit se werkfasiliteringsplatform, laai jou CV op en vind jou droomwerk. Of jy nou pas begin werk of op soek is na ʼn nuwe geleentheid – Solidariteit is jou eenstopplatform.

CV-bouer

Solidariteit help jou om ʼn professionele Afrikaanse CV saam te stel. Jy hoef nie self alles te ontwerp nie – hulle neem jou inligting en bou dit in ʼn kragtige CV wat jy dadelik kan gebruik om werk te kry –  ʼn wenner-CV in Afrikaans!

Lees hier meer.

Voortgesette leer

Solidariteit bied nagenoeg 150 aanlyn kortkursusse – gratis vir lede. Leer hoe om jou loopbaan te bou, beter te kommunikeer of nuwe digitale vaardighede te bemeester. Solidariteit help jou om jou volle potensiaal te bereik deur lewenslange leer – in Afrikaans!

Regsadvies

Voel jy onseker oor ʼn kontrak of iets wat by die werk gebeur? Jy hoef dit nie alleen aan te pak nie! Solidariteit bied gratis regsadvies vir alle arbeidsverwante kwessies aan lede. Gesels met ʼn litigant in jóú taal!

Beroepsnetwerke

Word deel van jou beroepsgemeenskap! Dit is ʼn gemeenskap wat hom daarop toespits om die beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond toesig te hou oor die beroep, en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom – alles in Afrikaans!

Mentorskapgeleenthede

Word bemagtig, in Afrikaans, om jou loopbaan met die nodige inligting en selfvertroue aan te pak. Spesialiste in verskeie beroepe stel hulself beskikbaar om as mentor op te tree en sodoende hul kennis en ervaring met jou te deel.

Belangstellingsbepaler

Is jy onseker oor watter beroepsrigting om te volg? Voltooi Solidariteit se Afrikaanse psigometriese belangstellingstoets – ontwikkel deur bedryfsielkundiges – om jou vaardighede en aanleg beter te verstaan.

Studeerkamer

Kry toegang tot verskeie hulpbronne soos Solidariteit se CV- en onderhoudgids om jou onderhoude met selfvertroue en professionele voorbereiding aan te pak.

Om werk te kry en jou loopbaan te bou, kan voel soos ʼn berg wat jy moet uitklim. Jy hoef dit egter nie alleen te doen nie. Met jou taal, jou kultuur en jou unieke perspektief het jy reeds die nodige gereedskap om jou toekoms suksesvol aan te pak, en Solidariteit is hier om daardie gereedskap te slyp!

Solidariteit is jóú Afrikaanse gemeenskap wat elke tree van jou loopbaanpad saam met jou wil stap, want #JyHoortHier – in Afrikaans!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel