loading
Artikels
6 dae gelede
jong-werkende-maak-so-n-verandering-in-jou-loopbaan

Foto Krediet: OkayDeer

Jong werkende! Maak só ʼn verandering in jou loopbaan

Is jy ʼn jong werkende wat nie meer jou werk geniet nie? Solidariteit bied jou die nodige ondersteuning om die passie vir jou loopbaan te herontdek. Dié ondersteuning strek van mentorskapgeleenthede tot voortgesette leer om jou volle potensiaal te bereik. Lees hierdie artikel om uit te vind hoe jy dit kan regkry.


Deur Marisha Hermann

Dit is in die Afrikaner se kultuur om te groet met ʼn “Hoe gaan dit”. Dit word gevolg deur die welbekende gesprekspunt: “Wat doen jy vir ʼn lewe?” Die antwoord wat hierop volg, is ʼn beskrywing van jou werk. Dit is immers so dat jou werk ʼn groot gedeelte van jou lewe opneem. Jou werkplek is die plek waar jy die meeste ure van jou dag deurbring.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit sê: “Werk is lekker, werk is adel en werk maak sterk. Werk is goed!” Dit is om hierdie rede waarom jy jou roeping in die werkplek moet uitleef.

Wat gemaak as die werk wat jy ná jou studie doen nie is wat jy verwag het nie? Wat gemaak as jy as ʼn jong werkende nie jou werk geniet nie en jou passie en roeping eintlik op ʼn ander plek lê?

Solidariteit bied die nodige ondersteuning en geleenthede vir jóú om goed te kan werk en om jou volle potensiaal te ontwikkel.

Mentorskap:

ʼn Mentor in jou beroep kan aan jou leiding gee om opnuut lief te raak vir jou werk. ʼn Mentor is ʼn bron van kennis wat jou ʼn nuwe perspektief op jou werk kan gee. Maak gebruik van Solidariteit se mentorskapprogram om vir jou ʼn mentor in jou beroepsnetwerk te kry.

Jou mentor kan ook die geleentheid bied om vir jou insigte te gee oor hoe om jou sterk- en swakpunte effektief te gebruik wat die werk weer lekker kan maak.

Binne slegs drie stappe kan jy die sprong na nuwe perspektiewe maak!

Oorweeg ʼn loopbaanskuif:

Om ʼn loopbaanskuif te maak is dit nodig om seker te maak dat jy oor die regte vaardighede vir die nuwe loopbaan beskik. Maak gebruik van Solidariteit se aanbod vir voortgesette leer om nuwe vaardighede aan te leer. Danksy dié aanbod kan jy ook seker maak dat jy wel van die nuwe rigting hou. Die gras lyk dalk net groener aan die anderkant. Hierdie aanbod kan ook gebruik word om huidige vaardighede te versterk waarna jy vir ʼn ander pos kan aansoek doen.

Solidariteit beskik oor nagenoeg 150 aanlyn leerkursusse wat jou in die werkplek kan bemagtig. Dié kursusse is gratis vir ons lede. Lees hier oor jou Jongwerkende-lidmaatskap.

Solidariteit: jóú beroepstuiste:

Gebruik Solidariteit se eenstopplatform vir werk en leer om die werk te kry wat by jou pas. Solidariteit se wêreldklas-platform is ʼn werkmark waar jy kan werksoek in jou belangstellingsveld. Maak seker jy bly op hoogte van die nuutste geleenthede in die werkplek.

Solidariteit streef daarna dat jy goed moet kan werk. Raak vandag nog betrokke by dié unieke netwerk van werk – in Afrikaans! Skep jou gratis profiel op Solidariteit .

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel