loading
avatar
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-bou-n-werkmark-vir-die-gemeenskap

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit-aanlyn: jóú beroepstuiste

Ons mense word deur die staat uitgestoot. Openbare instellings stort in duie, Afrikaners voel vervreemd en word as ʼn minderheid geboelie. Daarom moet ons verantwoordelikheid neem vir mekaar, en spesifiek vir ons jong mense, sodat hulle vry, veilig en voorspoedig hier in Suid-Afrika kan woon en werk.

Solidariteit het die behoefte raakgesien vir ons mense om op een of ander manier met mekaar verbind te word – ʼn behoefte aan ʼn plek om saam te gesels, nuwe geleenthede te ontdek en te deel; ʼn plek om werk te soek en te vind. Daarom is Solidariteit-aanlyn geskep.

Die doel van Solidariteit-aanlyn is om die Afrikaner-kultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap in beroepe en oor beroepe heen te ondersteun, wat mense in staat stel om nie net te werk nie, maar ook om goed te kan werk en hul volle potensiaal te bereik.

Solidariteit-aanlyn bring mense bymekaar deur nuwe tegnologie. Dit is ʼn plek om saam te gesels, te kuier en mekaar te help. Diegene wat wil werk en leer, ontmoet mense wat werk en opleiding wil gee. Dit is dus ʼn bymekaarkomplek, of mark, vir werk en kennis. Dié mark is nie van die staat afhanklik nie, maar sy lede is van mekaar afhanklik. Daarom sê ons: “Ons sal self!”

Solidariteit word dus ʼn eenstop- Afrikaanse platform waardeur mense hul netwerke kan uitbrei, terwyl dit ook ʼn wêreldklas werksoekportaal bied waar mense werk kan vind op grond van meriete – nie op grond van hul velkleur of enigiets anders nie.

Wat bied Solidariteit-aanlyn jou?

Soek en verskaf werk

Solidariteit-aanlyn bied ʼn unieke werkfasiliteringsfunksie waardeur werkgewers en organisasies ʼn profiel kan skep en poste kan adverteer. Dit verseker ʼn sterker verbinding tussen werkgewers en potensiële werknemers, wat kan lei tot nuwe geleenthede en werkplekke vir ons gemeenskap. Ons skep en vind dus werk – vir die gemeenskap, deur die gemeenskap.

Voortgesette leer

Nagenoeg 150 kursusse vir verskeie beroepsvelde en oor verskillende onderwerpe bied aan lede die geleentheid om hul volle potensiaal te bereik. Ons leef in ʼn tyd waarin tegnologie die werkplek vinnig verander en dit belangrik is om voortdurend jou kennis en vaardighede te ontwikkel om voor te bly. Die enigste manier om konstante verandering te troef, is deur lewenslange leer. Daarom maak Solidariteit-aanlyn dit moontlik vir sy lede om deur voortgesette leer aan die voorpunt van hul beroep te bly.

Regshulp

Solidariteit-aanlyn se regshulp bied omvattende toegang tot ervare professionele kundiges wanneer jy dit nodig het – van die eerste telefoonoproep tot regsverteenwoordiging in die hof of die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Alhoewel hierdie aanbod slegs vir Solidariteit-lede beskikbaar is, kan nie-lede ons arbeidsregadviseur in KI-vorm, Aanlyn regshulp, gratis op die proef stel!

As jy ʼn lid word, is hierdie hulpmiddel onbeperk tot jou beskikking en kan jy al jou arbeidsregsverwante navrae vrylik vra. So kan jy gemoedsrus kry oor enige kwessie wat jou in die werkplek pla.

Klets

Hierdie is ʼn gratis algemene KI-assistent wat al jou vrae kan beantwoord. Kry antwoorde of advies oor enige onderwerp – van skryfwerk tot leer en meer.

Beroepsnetwerke

Op Solidariteit-aanlyn kan lede by die beroepsnetwerkgroep van hul keuse aansluit. Hier kan hulle toegang kry tot beskikbare werk-, leer- en netwerkgeleenthede, beroepspesifieke inligting en op hoogte bly van nuus wat relevant is tot hul beroep.

Skoliere-aanbod

Solidariteit-aanlyn is daarop toegespits om mense op hul volledige beroepsreis te begelei. ʼn Persoon se loopbaan begin lank voordat hulle die werkplek betree – reeds gedurende hul skooljare. Daarom plaas ons ʼn spesifieke fokus op skoliere. Ons help hulle deur middel van verskeie nuttige hulpbronne om nou al, op skoolvlak, die regte keuses (insluitend vakkeuses) te maak om eendag sukses in die werkswêreld te behaal.

Studentelewegroep

Die volgende belangrike stap ná ʼn suksesvolle loopbaan is natuurlik jou studentejare. Solidariteit se Studentelewegroep bemagtig jong mense gedurende hul studentejare om hul stem te vind, voor te berei vir hul toekoms in die werkplek en suksesvol te wees in hul studies.

Solidariteit-aanlyn is verbind tot die toekoms van ons gemeenskap en aan die ontginning van die potensiaal van die volgende generasie. Dit is ʼn ruimte waar jong mense die hulpbronne, ondersteuning en leiding kan vind wat hulle benodig om hul doelwitte te bereik en hul drome te verwesenlik.

Studeerkamer

In hierdie ruimte sal jy al die hulpbronne vind wat jy nodig het om aan die voorpunt van jou beroep te bly. Dit sluit in ʼn gids om jou CV te laat uitstaan, ʼn onderhoudgids en praktiese hulpmiddels om jou in elke fase van jou beroepsreis by te staan.

Solidariteit-aanlyn stap jou volledige loopbaanpad saam met jou

Dit begin op skoolvlak met hulp en leiding om die regte loopbaankeuses te maak, waarna akademiese ondersteuning en toegang tot hoëgehalte-onderwysinstellings volg. Daarna kan jy werk soek en vind deur middel van die werkfasiliteringsfunksie op Solidariteit-aanlyn. Volgende beskerm Solidariteit se Regshulp jou werk. Beroepsnetwerke skep netwerkgeleenthede, ʼn veilige omgewing en die geleentheid om met kenners in jou beroep te skakel. Voortgesette leer help jou om jou volle potensiaal te bereik. Dit is ʼn reuse-helpmekaargemeenskap wat saamstap op jou loopbaanpad.

Skep jou gratis profiel op Solidariteit om by hierdie unieke gemeenskap aan te sluit!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel