
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Jong werkende, ontmoet jou loobaanvennoot
Hoewel dit Solidariteit se hooffunksie is om sy lede in die werkplek te beskerm, gaan Solidariteit-lidmaatskap egter lankal nie meer nét oor werkbeskerming nie. Om ʼn lid van Solidariteit te wees, beteken om deel te wees van ʼn Netwerk van Werk wat saam bou aan Suid-Afrika se toekoms. Solidariteit staan lede by om hul droom te verwesenlik om ʼn goeie werk te hê. ʼn Goeie werk is die voorwaarde vir ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms.
Danksy die feit dat Solidariteit ʼn breër netwerk deur verskillende beroepsnetwerke bied, kan werkendes ook in kontak wees met ander persone in en buite hul beroepsveld.
Die loopbaanpad is een wat jy nie op jou eie moet stap nie. Dit is ʼn kronkelpad met verkeerde afdraaie en onverwagse spoedhobbels.
Solidariteit wil die pad saam met jou aanpak, jou sitplekgordel wees en aandui wanneer jy jou noodligte moet gebruik.
Stap die pad van student tot meesterskap as jong werkende saam met ons.
“Solidariteit poog om die oorgang van universiteit of skool na jou eerste werk so maklik as moontlik te maak. Ons pak die onsekerhede saam met jou aan, beantwoord die moeilike vrae waaroor jy wonder en ons bemagtig jou om die regte keuses vir jou loopbaan te maak,” sê Marike Burger, koördineerder Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap.
Wees ʼn selfversekerde jong werkende met ʼn missie! Word vandag nog deel van die Solidariteit en skep jou gratis profiel!