loading
Artikels
3 dae gelede
jong-werkende-soek-werk-op-die-regte-plek-in-afrikaans

Foto Krediet: OkayDeer

Jong werkende, soek werk op die regte plek – in Afrikaans!

Deur Robin-Lee Maré

Die soektog na werk kan vir jong werkendes wat vir die eerste keer die arbeidsmark betree, ʼn uitdagende en moedelose reis wees. Solidariteit is egter jou oplossing!

Solidariteit se werkplatform is ʼn waardevolle hulpbron vir jong werkendes wat op soek is na werk. Dié platform bied ʼn verskeidenheid poste aan, wat dit maklik maak om werk te vind wat by jou vaardighede en behoeftes pas, en dit is álles gratis en in Afrikaans beskikbaar.

Van poste in die mediese beroep tot ambagte, daar is iets vir elke jong werkende op Solidariteit se werkplatform !

Hoe registreer jy jou gratis profiel?

Kyk hier die video om uit te vind hoe om ʼn profiel op Solidariteit te registreer.

Die proses om jou profiel te registreer is eenvoudig en vinnig. Jy moet slegs jou e-posadres, geboortedatum en ʼn wagwoord.

Hoe soek jy werk?

Kyk hier die video om uit te vind hoe om werk te soek.

Die proses om op Solidariteit werk te soek, is eenvoudig en gebruikersvriendelik, en álles in Afrikaans. Werksoekers kan hul CV’s direk op Solidariteit opstel of -laai, wat dit maklik maak om aansoeke vinnig in te dien.

Nuttige hulpbronne

Solidariteit bied ook nuttige CV– en onderhoudsgidse aan om werksoekers te help om CV’s van gehalte op te stel en vir werksonderhoude voor te berei.

Solidariteit bied nie net vir jong werkendes toegang tot ʼn wye verskeidenheid werkgeleenthede nie, maar ook die nodige gereedskap en kennis deur verskeie artikels op die platform te deel sodat hulle die arbeidsmark suksesvol kan navigeer.

Jong werkendes se eenstop-platform vir werk

Danksy Solidariteit kan jong werkendes hul loopbaan bou, terwyl hulle oor die beste praktyke in die werkplek ingelig word en gelyke toegang tot geleenthede kry.

Moenie op jou laat wag nie! Skep vandag nog jou gratis profiel en begin jou loopbaanreis op Solidariteit se werkplatform.

Klik hier om jou gratis profiel te skep.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel