loading
Artikels
1 jaar gelede
jongstemme-se-tonge-klap

Foto Krediet: Okay Deer

Jongstemme se tonge klap

Deur Ané Janse van Rensburg

Die gesegde dat kinders slegs gesien en nie gehoor mag word nie, word nou amptelik van die hand gewys met Solidariteit se Jongstemme-projek wat in samewerking met Maroela Media geloods is. Die projek het vanjaar gesorg vir vele inhoud wat lesers op hul tone gehou het.

Foto krediet: Okay Deer

Volg die skakels hieronder om die toptien-Jongstemme-artikels te lees:

Louis van Wyk waarsku die Westerse beskawing teen hul eie politieke en sosiale probleme wat tot hul ondergang kan lei. Klik hier om meer te lees.

In ʼn meningstuk oor hoe dit op ons elkeen se skouers rus om vir onsself geleenthede in Suid-Afrika te skep, skryf Carli Brand ’n bemagtigende leesstuk vir jong mense. 

Bianca Prinsloo bevraagteken die verkiesingsproses van leiers op skool. Stem jy dalk saam? Lees haar artikel hier.

Karli Snyman rig, in haar eie woorde as ’n “soutie-Afrikaner”, ’n pleidooi aan haar Afrikaner-kultuur oor haar liberale sienings. Lees haar artikel hier.

Heléne Leonard is dankbaar vir diegene wat kies om hul sakkie lemoene in Suid-Afrika te hou. Wonder jy of jy moet bly of ry? Klik vir die leesstuk.

Franco van der Berg spreek die man aan die stuur van Gauteng aan. Premier Panyaza Lesufi word hier in ’n tipe profiel aangespreek.

In nog ’n politieke meningstuk, skryf Marisha Hermann ’n brief aan minister Bheke Cele oor haar veiligheid in die land. Lees die brief hier.

Frans de Klerk skryf oor al die omstredenheid vanjaar wat op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus plaasgevind het. Lees hier oor die studenteraadslid wat in die middel van die onrus vasgevang was.

Michelle Hammann skryf ʼn opvolgartikel oor haar vorige meningstuk rakende verpligte inentings tydens die Covid-19-pandemie. Lees haar meningstuk hier.

Klik hier en lees Nelri van der Merwe se hartroerende stuk oor die boere in die land wat aan plaasmoorde afgestaan is.

Baie geluk aan die toptien-Jongstemme-skrywers wat deur hul skryfwerk ander inlig en bemagtig om ’n verskil te maak.

Indien jy tussen die ouderdom van 18 en 25 is, volg dié skakel om deel te vorm van die Solidariteit-netwerk. Jou stem behoort gehoor te word, so maak hom dik. Laat die tonge klap!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel