Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Jou kind kan mik vir die sterre met Solidariteit-aanlyn
Deur Kyla-Ann du Toit
Hoërskool is een van die belangrikste fases in jou kind se lewe. Dit is die tyd waarin hulle vakke kies, belangrike besluite oor hul toekoms begin neem, nuwe uitdagings aanpak en ontdek wie hulle is. As ouer wil jy natuurlik jou kind ondersteun, maar dit is nie altyd maklik om te weet waar om te begin nie.
Dit is juis waarom Solidariteit se Skoliere-aanbod ontwikkel is. Met praktiese hulpmiddels, kundige leiding en waardevolle ondersteuning help Solidariteit jou kind om elke fase van hul hoërskoolreis met meer selfvertroue aan te pak.
Ondersteuning vir elke stap van die pad
Solidariteit se #MyHoërskoolpad gee jou kind toegang tot waardevolle hulpbronne wat hul hoërskooljare makliker maak. Van praktiese raad en hulpmiddels tot die nodige ondersteuning – Solidariteit help jou kind om elke fase van die hoërskoolreis met meer selfvertroue aan te pak.
Jou kind se vakkeuses is die boustene van hul toekoms. Daarom help Solidariteit se #Vakkeuses-videoreeks jou en jou kind om ingeligte besluite oor vakke, moontlike studierigtings en toekomstige loopbaanopsies te neem. Só kan julle saam keuses maak wat by jou kind se aanleg, belangstellings en drome pas.
Solidariteit se Skoliere-aanbod help jou kind om vir die lewe ná skool voor te berei. “My Boublokke” op Solidariteit-aanlyn bemagtig jou kind met ʼn verskeidenheid hulpbronne, soos videoreekse, studiegidse en oefenvraestelle, wat hulle help om hul hoërskoolloopbaan met selfvertroue en minder stres aan te pak.
Boonop kan jou kind ook gebruik maak van ʼn veilige Afrikaanse KI-assistent wat hulp en leiding met skoolwerk, navorsing en algemene vrae bied.
Bou aan meer as net goeie punte
Akademiese prestasie is belangrik, maar sukses word ook gebou op selfvertroue, verantwoordelikheid en die vermoë om goeie besluite te neem.
Daarom bied Solidariteit se Skoliere-aanbod ook die #LeerMyLeierskap-reeks aan, wat skoliere help om hul leierskapvaardighede te ontwikkel, selfvertroue te bou, konflik te bestuur en met integriteit op te tree. Hierdie gratis aanlyn kursus help jong mense om te besef dat ʼn balkie jou nie noodwendig ʼn leier maak nie.
Bou vandag aan jou kind se toekoms
Elke groot droom begin met klein, doelbewuste treë. Hoe vroeër jou kind toegang tot die regte hulpmiddels en ondersteuning kry, hoe beter voorbereid sal hulle wees vir die keuses wat voorlê.
Solidariteit se Skoliere-aanbod is ontwikkel om jou kind te help om hul volle potensiaal te bereik.
Skep dus vandag nog jou kind se gratis profiel op Solidariteit-aanlyn en gee jou kind die voorsprong om hul hoërskoolreis met selfvertroue aan te pak en ʼn blink toekoms te bou.