Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Studieondersteuning: Help jou kind om groot te droom
Deur Kyla-Ann du Toit
Vir baie ouers is die vraag nie óf hul kind wil studeer nie, maar hóé hulle dit gaan bekostig. Studiekoste kan oorweldigend voel, veral wanneer ouers eers laat in hul kind se matriekjaar begin uitvind watter studiebeurse, -lenings en ander vorme van finansiële ondersteuning beskikbaar is.
Hoe vroeër jy weet waar om te soek, hoe om aansoek te doen en watter dokumente benodig word, hoe beter kan jy jou kind help om met selfvertroue vir hul toekoms te beplan. Daarom is dit nou die ideale tyd om vooruit te begin beplan.
Waar begin jy?
Die eerste stap is om jou kind se gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te registreer. Solidariteit se Skoliere-aanbod bied ʼn studieondersteuningsblad wat al die inligting wat jy benodig op een plek saamvat om jou te help om met groter sekerheid vir jou kind se studiedrome te beplan.
Verstaan jou opsies
Nie alle vorme van finansiële ondersteuning werk op dieselfde manier nie. Daarom is dit belangrik om die verskille tussen die beskikbare opsies te verstaan.
- • Studiebeurse: Dit word gewoonlik toegeken op grond van akademiese prestasie, finansiële behoefte of spesifieke studierigtings. Dit is ʼn vorm van finansiële ondersteuning wat nie terugbetaal hoef te word nie.
- • Studielenings: Dit bied ʼn geleentheid om studies te finansier wanneer ʼn beurs nie beskikbaar is nie. Hierdie lenings word later volgens die ooreengekome voorwaardes terugbetaal.
Op Solidariteit se Skoliere-aanbod sal jy meer inligting oor albei opsies vind, asook ʼn lys van betroubare instellings waar jy kan aansoek doen.
Beplan jou finansies betyds
Studiekoste hoef nie ʼn verrassing te wees nie. Hoe vroeër jy begin beplan, hoe meer opsies sal jy hê wanneer dit tyd is om aansoek te doen.
Met die nodige beplanning en toegang tot hulpbronne is dit moontlik om jou kind se studiedrome ʼn werklikheid te maak.
Lees ook hier oor praktiese maniere waarop jy reeds nou vir jou kind se studies kan begin spaar.
Moenie wag tot matriek nie
Baie ouers besef eers te laat dat aansoeke vir die meeste studiebeurse en -lenings reeds maande voor die einde van matriek sluit. Daarom is dit belangrik om die proses vroegtydig te verstaan en die nodige dokumentasie gereed te kry – hoe vroeër, hoe beter!
Tersiêre studie is ʼn groot belegging, maar dit beteken nie jou kind se toekoms moet deur ʼn tekort aan geld beperk word nie. Solidariteit se Skoliere-aanbod sal jou en jou kind help om die regte plan en die nodige ondersteuning te vind.
Jou kind se toekoms begin vandag
Ons glo dat almal wat wíl studeer, móét kan studeer. Daarom het Solidariteit se Skoliere-aanbod inligting oor studiebeurse, -lenings en ander vorme van studieondersteuning op een plek saamgebring.
Moenie wag totdat finansiële besluite onder tydsdruk geneem moet word nie. Klik hier om jou kind se gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te skep sodat hulle vandag met selfvertroue vir môre kan beplan.
Jý help jou kind om groot te droom. Nou help óns jou om slim te beplan!