loading
Artikels
10 uur gelede
jou-kind-se-regte-in-die-werkplek

Foto Krediet: OkayDeer

Jou kind se regte in die werkplek

Deur René van der Vyver

Arbeidswetgewing is dalk ʼn groot woord en moeilike konsep om te begryp, maar dit definieer ʼn eenvoudige, tog kardinale, konsep: wetgewing wat die verhouding tussen werkgewers en arbeiders/werknemers reguleer. Baie eerstekeer-werknemers is onbewus van arbeidswette wat van toepassing is in die werkplek, en ook van hulle menseregte. Solidariteit besef egter die belangrikheid daarvan dat jy kennis moet dra oor jou regte in die werkplek en daarom bied ons ʼn kursus aan wat algemene inligting deel oor dissiplinêre klagtes en verhore asook jaarlikse-, siek-, kraam-, geleentheids-, gesinsverantwoordelikheids- en studieverlof.

Hoe kan jy as ouer jou kind voorberei vir die werkplek?

Vir baie jongmense is die eerste dag in ʼn nuwe werk ʼn mengsel van opwinding en onsekerheid. Hulle stap uit ʼn gestruktureerde skool- of universiteitslewe in ʼn wêreld in waar daar reëls, prosesse en verwagtinge is wat nie altyd vanselfsprekend is nie. Ouers speel dikwels ʼn rol om hul kinders aan hierdie nuwe wêreld bekend te stel, hetsy deur hul kind vir die eerste onderhoud te help voorberei, of selfs om ʼn werksgeleentheid te help reël.

Maar net soos wat jy vir jou kind veiligheid agter die stuur van ʼn motor sou gun, verdien hulle ook veiligheid in die werkplek en dit begin by kennis – om te weet watter regte en beskerming die Arbeidswet hulle bied.

ʼn Jong werknemer wat nie sy of haar regte ken nie, kan maklik misbruik word – soms sonder dat die werkgewer dit selfs doelbewus doen. Byvoorbeeld:

  • • ʼn werkgewer wat nie die minimum aantal siekteverlof dae eerbiedig nie; of
  • • ʼn jong vrou wat onseker is oor haar reg op kraamverlof; of
  • • ʼn studente-werknemer wat nie weet dat studieverlof in sekere omstandighede toegestaan word nie.

Die nagevolge daarvan om oningelig te wees

Hierdie onsekerheid lei nie net tot frustrasie en moontlike konflik nie, maar dit kan ook ʼn jong mens se eerste ervaring van die werkplek negatief kleur. As ouer kan jy egter help om jou kind voor te berei, nie deur al die antwoorde self te hê nie, maar deur hulle te wys op betroubare bronne van kennis en opleiding.

Jou regte in die werkplek – ʼn kursus vir jong mense!

Om die behoefte aan toeganklikheid van kundige bronne aan te spreek, het Solidariteit ʼn kursus ontwikkel wat die kernaspekte van arbeidsreg aan werknemers verduidelik. Wat dit so waardevol maak, is dat dit in eenvoudige en verstaanbare taal aangebied word, juis om te verseker dat eerstekeer-werknemers (én hul ouers) nie met regs-terminologie en ingewikkelde wette oorweldig word nie. Hierdie kursus (en amper 150 ander) is ook gratis beskikbaar vir alle Solidariteit-lede. Jong werkendes, onder die ouderdom van 25 kry dan nog afslag op hul lidmaatskapfooi! Lees hier hoekom jou kind hul Solidariteit-lidmaatskap moet opneem.

Een deelnemer het die kursus só beskryf: “Verduidelik in eenvoudige en verstaanbare terme” (10/10). ʼn Ander een het gesê: “Dit was uitstekend en maklik verduidelik. Dit was ook volledig” (10/10). Hierdie terugvoer bevestig dat die kursus nie net ʼn teoretiese oorsig bied nie, maar praktiese waarde toevoeg. Nog ʼn deelnemer het eenvoudig opgesom: “Dis ʼn baie goeie, insiggewende kursus” (10/10).

Vir ouers beteken dit gemoedsrus, want jy weet jou kind word toegerus met die basiese kennis oor sy of haar regte in die werkplek en sodoende kan hy of sy ʼn selfversekerde werknemer wees. Daarteenoor is dit maklik vir ouers om te dink dat arbeidsreg bloot iets is wat jou kind self moet leer en ontdek. Maar jou betrokkenheid as ouer kan die verskil maak.

Dink daaraan dat dit dieselfde is as om jou kind te help leer bestuur: jy sit eers langs hulle in die motor, herinner hulle aan die padtekens, en help hulle om risiko’s raak te sien. Net so kan maak jy hulle bewus van hul regte en verantwoordelikhede in die werkplek deur hulle aan te moedig om hierdie opleiding te benut. Wanneer jy saam met jou kind hieroor gesels, gee jy vir hulle die boodskap dat hulle nie net vir ʼn salaris werk nie, maar dat hulle waarde het wat hulle tot die werkplek kan toevoeg, en dat daar wette bestaan wat hulle as werknemer beskerm.

Volg hierdie stappe om die kursus te voltooi:

  1. 1. Skep jou gratis Solidariteit-profiel – klik hier
  2. 2. Koppel jou lidmaatskap – klik hier
  3. 3. Skryf in vir die kursus – klik hier
  4. 4. Sukses!

ʼn Jong werknemer wat sy of haar regte ken, is beter voorbereid om professionele verhoudings te bou, verantwoordelikhede te aanvaar, en gesonde grense te stel. Dit is ʼn belegging wat op die lange duur dividende oplewer vir hulle loopbaan, welstand, en uiteindelik vir die gemeenskap waarin hulle werk. Jy as ouer kan jou kind aanmoedig om hierdie waardevolle Solidariteit-kursus te voltooi om sodoende vol selfvertroue die werkplek te betree.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel