loading
avatar
Artikels
14 uur gelede
jou-vaardighede-het-groot-waarde-maak-seker-dit-word-raakgesien-op-s

Fotokrediet: Okay Deer

Jou vaardighede het groot waarde – maak seker dit word raakgesien op S!

Deur Kyla-Ann du Toit

Jy weet wat jy kan doen. Maar weet die regte werkgewer dit ook?

Suid-Afrika het mense nodig wat kan doen: mense wat kan bou, herstel, installeer, vervaardig en probleme prakties kan oplos. Die vaardighede van ambagslui – van elektrisiëns en loodgieters tot sweisers, ketelmakers, meulmakers en werktuigkundiges – speel ʼn belangrike rol om ons land se ekonomie aan die gang te hou.

Maar werkgewers kan selfs nie die beste ambagsmens raaksien as niemand weet wat daardie persoon doen nie

Met S kan jy jou kwalifikasies, vaardighede en werkservaring op een plek ten toon stel en dit makliker vir werkgewers maak om jou raak te sien.

Jou ervaring verdien om raakgesien te word

Of jy nou pas jou vakleerlingskap voltooi het of reeds jare se ondervinding in jou ambag het, jou vaardighede is waardevol. Die ure wat jy aan opleiding bestee het, die praktiese kennis wat jy opgedoen het en die probleme wat jy al opgelos het, tel alles in jou guns.

Maar hoe maak jy seker dat die regte mense bewus is van jou vaardighede?

ʼn Professionele CV is een van die belangrikste hulpmiddels waarmee jy jou ervaring en kwalifikasies aan potensiële werkgewers kan bekendstel.

Dit gee werkgewers ʼn beter idee van wie jy is, wat jy kan doen en waarom jy moontlik die regte persoon vir hul span is.

Bou jou professionele CV op S

Met Solidariteit se Werk-aanbod op S kan jy jou professionele profiel opbou en ʼn CV saamstel wat jou kwalifikasies, vaardighede en werkservaring weerspieël.

Deur jou profiel volledig op te stel, help jy potensiële werkgewers om ʼn beter begrip van jou vermoëns en ervaring te kry.

Jy kan ook beskikbare werksgeleenthede op S verken en aansoek doen vir poste wat by jou vaardighede en belangstellings pas.

Of jy nou op soek is na jou eerste werksgeleentheid, ʼn nuwe uitdaging of bloot jou professionele profiel op datum wil hou, S bied jou die hulpmiddels om self aan jou loopbaan te bou.

Werkgewers: Vind die vaardighede wat jou onderneming benodig

Vir werkgewers is dit net so belangrik om die regte mense vir hul poste te vind.

Wanneer jy ʼn gekwalifiseerde ambagspersoon benodig, wil jy  sommer vinnig iemand kan identifiseer wat oor die nodige vaardighede en ervaring beskik.

Op S kan werkgewers hul eie profiele skep, beskikbare poste adverteer en met potensiële werknemers verbind. Dit maak dit vir werksoekers en werkgewers soveel makliker om mekaar te vind en nuwe werksgeleenthede te skep.

Maak jou volgende loopbaangeleentheid moontlik

Jou vaardighede en ervaring is die resultaat van harde werk. Maak seker dit word raakgesien!

Moenie wag totdat iemand toevallig van jou hoor nie. Neem self die eerste stap om jou vaardighede sigbaar te maak en nuwe geleenthede te ontdek.

Laai S vandag af, bou jou professionele CV en maak dit vir werkgewers makliker om jou raak te sien.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel