Fotokrediet: Okay Deer
Gekopieër
Leer slimmer, nie harder nie: Ontdek hulpbronne vir jou kind op S
Deur Kyla-Ann du Toit
Die eksamentyd is hier en daarmee saam kom die laat aande agter die boeke, hope leerwerk en soms ook ʼn bietjie spanning. Elke ouer wil graag hê dat hul kind goed moet presteer. Maar hoe help jy jou kind om die meeste uit hul studietyd te kry?
Die antwoord lê nie noodwendig daarin om nóg langer te leer nie, maar eerder om slimmer te leer. Elke leerder is anders, en die studiemetode wat vir een kind werk, is nie noodwendig die beste vir ʼn ander nie.
Met Solidariteit se Skoliere-aanbod op S kry jy en jou hoërskoolkind toegang tot praktiese hulpbronne en inligting wat jou kind kan help om beter vir eksamens voor te berei en met groter selfvertroue te leer.
Hoe weet jy watter studiemetode vir jou kind werk?
Party leerders onthou inligting makliker wanneer hulle dit neerskryf, terwyl ander beter leer deur dit hardop te verduidelik of visuele hulpmiddels te gebruik. Daar is nie een studiemetode wat vir almal werk nie. Die geheim is om te ontdek watter benadering jou kind help om leerwerk beter te verstaan en te onthou.
Maar waar begin jy as ouer om jou kind hiermee te help?
Die My Hoërskoolpad-videoleerhulpbron op S vorm deel van Solidariteit se Skoliere-aanbod en rus hoërskoolleerders toe met praktiese kennis en vaardighede wat hulle tydens hul skoolloopbaan en daarna kan benut.
In die video’s oor studiemetodes ontdek leerders verskillende maniere om hul leerwerk aan te pak, van breinkaarte en kleurkodering tot ander tegnieke wat hulle self kan uitprobeer.
Of jou kind sukkel om leerwerk te onthou of bloot meer doeltreffend wil leer, die My Hoërskoolpad-videoleerhulpbron is ʼn goeie plek om te begin.
Begin betyds en verminder eksamenstres
Eksamenvoorbereiding begin nie die aand voor die vraestel nie. Hoe vroeër jou kind begin om leerwerk te beplan en geskikte studiemetodes te gebruik, hoe meer tyd is daar om moeilike werk te hersien en onsekerhede uit te klaar.
Ouers speel ʼn belangrike ondersteuningsrol deur hul kinders aan te moedig om ʼn realistiese studierooster op te stel, genoeg rus te kry en nie alles op die laaste oomblik te probeer baasraak nie.
Die doel is nie bloot om goeie punte te behaal nie, maar ook om leergewoontes te ontwikkel wat jou kind lank ná skool sal help.
Kry praktiese leerhulpbronne op S
Jy hoef nie alleen uit te werk hoe om jou kind die beste te ondersteun nie. Op S kry jy toegang tot Solidariteit se Skoliere-aanbod, met inhoud en hulpmiddels wat leerders help om hul leerwerk doeltreffend aan te pak en vir eksamens voor te berei.
Leerders kan ook Klets, die Afrikaanse KI-assistent op S, gebruik om algemene vrae oor hul skoolwerk te vra, onderwerpe beter te verstaan en hul kennis te verbreed.
Met die regte voorbereiding en ondersteuning kan jou kind die eksamentyd met groter selfvertroue aanpak.
Laai S hier af en help jou kind om die studiemetodes te ontdek wat die beste vir hulle werk.