Fotokrediet: Okay Deer
Gekopieër
Jy werk elke dag, maar leer jy nog elke dag?
Deur Kyla-Ann du Toit
Wanneer laas het jy iets nuuts geleer wat jou beter maak in jou werk?
Die wêreld van werk verander voortdurend. Nuwe tegnologie, veranderende werksvereistes en nuwe geleenthede beteken dat die vaardighede wat maak dat jy vandag goed is in jou werk, nie noodwendig al vaardighede is wat jy môre gaan nodig hê nie.
Of jy pas jou loopbaan begin het of reeds jare se werkservaring het, een ding bly seker: Jy is nooit te oud of te ervare om iets nuuts te leer nie.
Met Solidariteit se Leer-aanbod op S kry jy toegang tot nagenoeg 150 kursusse waarmee jy jou kennis kan uitbrei, bestaande vaardighede kan opskerp en verder in jou beroep kan ontwikkel.
Waarom is dit belangrik om aan te hou leer?
Dink aan hoeveel die wêreld van werk die afgelope paar jaar verander het. Tegnologie het nuwe maniere van werk moontlik gemaak, terwyl werknemers voortdurend by nuwe uitdagings en werksvereistes moet aanpas.
Dit beteken dat jou ontwikkeling en vaardighede nie moet ophou sodra jy ʼn kwalifikasie verwerf het of jy jou eerste werk kry nie.
Deur voortdurend te bly leer, kan jy nie net beter in jou huidige werk presteer nie, maar kan jy ook jou loopbaanvooruitsigte verbeter en jouself vir nuwe geleenthede voorberei.
Jy hoef ook nie te wag dat jou werkgewer jou vir opleiding stuur om iets by te leer nie. Jy kan sélf die inisiatief neem en aan jou ontwikkeling werk.
Nagenoeg 150 kursusse binne jou bereik op S
Of jy nou jou produktiwiteit wil verbeter, beter met mense wil saamwerk of ʼn nuwe vaardigheid wil aanleer, daar is verskeie leergeleenthede op S wat jou kan help om jou doelwitte te bereik.
Die Leer-aanbod op S bied nagenoeg 150 kursusse wat oor ʼn verskeidenheid onderwerpe handel, van praktiese werksvaardighede en beroepsgerigte kennis tot persoonlike ontwikkeling.
Jy kan kursusse verken wat by jou belangstellings, huidige beroep en loopbaandoelwitte pas. Die aanlyn kursusse bied jou ook die geleentheid om teen jou eie pas te leer en jou ontwikkeling by jou daaglikse verantwoordelikhede te laat inpas.
As Solidariteit-lid kry jy gratis toegang tot die kursusse. Indien jy nog nie ʼn lid is nie, kan jy steeds S aflaai, ʼn profiel skep en die beskikbare leergeleenthede ontdek.
Neem jou loopbaanontwikkeling in jou eie hande
Jou vaardighede is een van die belangrikste beleggings wat jy in jou loopbaan kan maak. Elke nuwe vaardigheid wat jy aanleer, kan jou help om jou werk beter te doen, nuwe uitdagings met groter selfvertroue aan te pak en jouself vir toekomstige geleenthede voor te berei.
Moenie wag vir die volgende opleidingsgeleentheid om iets nuuts te leer nie. Neem self die eerste stap om jou kennis en vaardighede te ontwikkel.
Laai S vandag af en ontdek ʼn kursus wat jou kan help om jou werk, loopbaan en toekoms verder te vat.