Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Jou wêreld van werk – nou sommer in jou sak
Werk, leer en loopbaanontwikkeling raak al hoe meer digitaal. Daarom het Solidariteit ʼn app ontwikkel om dinge vir jou eenvoudiger te maak – alles wat jy nodig het is nou net daar in jou sak.
Jou wêreld van werk was nog nooit só toeganklik nie!
Danksy die nuwe Solidariteit-app het jy nou vinnige en maklike toegang tot:
- • honderde poste waarvoor jy kan aansoek doen;
- • nagenoeg 150 kursusse om jou CV te versterk;
- • jou beroep en sektor se aanlyn gemeenskapsgroepe;
- • regshulp en -advies;
- • ʼn groep vir studente waar hulle hul stem kan vind, hul studies kan baasraak en vir hul toekomstige werk kan voorberei;
- • ʼn spesiale ruimte vir skoliere om hul hoërskoolloopbaan met mag en mening aan te pak;
- • die Studeerkamer, met ʼn skatkis van gratis hulpbronne tot jou beskikking; en
- • oneindige leesstof om op hoogte te bly van nuusgebeure en relevante inligting oor jou beroep.
Die Solidariteit-app is meer as net ʼn hulpmiddel – dit is ʼn vennoot in jou groei. Al Solidariteit se aanbiedinge is nou op die punte van jou vingers. Leer, ontwikkel en bou doelgerig aan jou toekoms, waar en wanneer dit jou pas. Laai vandag nog die Solidariteit-app af en neem beheer van jou wêreld van werk.